Grondpetisie aan Geingob

Grondloses eis onder meer 'n dringende ondersoek na hervestiging wat tot dusver deur die regering gedoen is.
Augetto Graig
Augetto Graig – In ‘n petisie aan pres. Hage Geingob het betogers Vrydag geëis dat die regering dadelik sy grondhervormingsprogram opskort en ter syde stel.

Onder streng polisiebewaking het grondloses van 08:00 in Katutura saamgetrek en die bloedige son in ‘n protesoptog ter ondersteuning van Bernardus Swartbooi, die voormalige adjunkminister van grondhervorming, aangedurf. Baie van hulle was in tradisionele drag. Hulle het plakkate geswaai, gesing en slagspreuke geskree.

Teen 10:00 was hulle by die ministerie se hoofkantoor waar hulle aangedring het om twee petisies aan minister Utoni Nujoma te oorhandig. Hul eise is egter geïgnoreer en Nujoma het kort daarna ‘n sy motor geklim en weggery. Teen omstreeks 14:00 het me. Christine Hoebes, die adjunkminister van presidensiële aangeleenthede, uiteindelik opgedaag en die petisies ontvang.

Me. Rosa Namises, ‘n gemeenskapsleier, het die petisie met elf eise voorgelees. Die opskort en ter syde stel van die huidige grondhervormingsproses moet geskied tot ná die tweede nasionale grondhervormingskonferensie plaasvind, is een van die eise.

“Stop, met onmiddellike effek, die hervestiging van grond aan die elite en die regerende klas,” lui die petisie.

Namises het Geingob 30 dae gegee om op die petisie te reageer, wat ook aandring dat voorvaderlike grondeise van inheemse mense gerespekteer en geëer word.

Voorts word geëis dat die ministerie hervorm moet word en verantwoording moet doen op aantygings van korrupsie, nepotisme, begunstiging, diskriminasie en stamgebondenheid. Die petisie eis deursigtigheid in die magte van ampsdraers en rekenpligtiges in die ministerie. ‘n Dringende ondersoek moet ook van stapel gestuur word na hervestiging wat reeds gedoen is.

Nóg ‘n eis is vir raadplegende slypskole in die Hardap-, //Kharas-, Omaheke-, Otjozondjupa-, Khomas-, Erongo-, Oshikoto-, Kunene-, Zambezi- en Kavango-streek.

Die hoofman van die Kai-//Khaun tradisionele owerheid, mnr. PSM Kooper, het in sy petisie op die Swartbooi-kwessie gefokus.

Volgens Kooper is Swartbooi spesifiek na die Kai-// Khaun tradisionele fees genooi om die stam oor grondhervorming toe te spreek.

“Ons wou die waarheid hoor en niks behalwe die waarheid nie,” lui sy petisie.

Kooper sê oor die jare heen word mense geïgnoreer as hulle hul mening oor die grondkwessie lug en word “ons versmoor in die verwarring van ongewone politieke, maatskaplike, ekonomiese en morele druk”.

Kooper sê sy mense het die reg om te vergader en oor sake van belang te praat. Die Kai-//Khaun se grond is eers deur die Duitse koloniale regering van hul vervreem, toe deur die apartheidsregering van Suid-Afrika “en toe weer onder die hande van onse verkose regering”.

“Dit is 'n akkurate stelling dat ons demokraties verkose regering ons vertroue meer as 26 jaar ná onafhanklikwording verloën het - deur die instelling van 'n krom-en-skeef georkestreerde hervestigingsprogram om ons heeltemal van ons voorvaderlike grond te ontneem. Genoeg is genoeg. Gee ons voorvaderlike grond terug of maak ons nou dood,” sê Kooper.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!