Groentejafel
Groentejafel

Groentejafel

Lloyd Zandberg
6 Toebroodjies Porsies

Bestanddele

100 g botter, saggemaak

8 dik snye wit plaasbrood

10 ml (2 t) olyfolie

10 ml (2 t) botter

2 uie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

400 g gemengde sampioene, grofgekap

1 elk rooi, geel en groen soet­rissie, gekap

200 g babaspinasiesout en peper

250 ml (1 k) raclette-, ­gru­yère- of wit cheddarkaas, gerasper

VIR VOORSIT

3 middelslagpatats (sowat 700 g altesaam), afgespoel en afgedroog

olyfolie

sout en peper

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei. Bespuit die jafelmaker ook met kossproei.

Smeer die botter aan die een kant van elke sny brood. Sny die korsies af en hou eenkant. Verhit die olie en botter in ’n groot pan en braai die uie, knoffel en sam­pioene tot die uie en sampioene effens verbruin het. Voeg die soet­rissies by en braai tot sag. Voeg dan die spinasie by en hou sowat 10 min. aan met roerbraai. Geur met die sout en peper. Vir voorsit Sny die patats in dun repies of in ’n dikte en lengte van jou keuse. Rangskik die skyfies in ’n enkellaag op die bakplaat. Bedruip met die olie, geur met die sout en peper en bak 40 min.Skep van die sampioenmengsel op 4 van die snye brood, maar aan die kant wat nie met botter gesmeer is nie. Plaas die kaas bo-op en bedek met nog ’n sny brood met die botterkant na bo.Plaas die toebroodjie in die jafelmaker en op die vuur of stoof. Braai sowat 2-3 min. per kant. Sit die jafels voor saam met die patatskyfies. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!