Groente vrot ná reën

Oesverlieste van tot N$3 miljoen gely ná te veel reën.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die gebiede naby Tsumeb, Grootfontein en Hochveld het tot die helfte van die totale seisoenale reën net in Februarie ontvang, wat groot skade vir veral wortel-, ui- en aartappelboere veroorsaak het. Sommige boere ly tans oesverlieste van tot N$3 miljoen.

Volgens die jongste reënbulletin wat deur die ministerie van werke en vervoer se meteorologiese dienste uitgereik is, het die Noordooste, die Sentrale-Noorde en die Zambezistreek oor die algemeen reeds meer as 350 mm ontvang, met sommige gebiede wat tot 200% van hul normale gemiddelde reën aangeteken het. Die meteorologiese dienste sê egter dat die grootste dele van die land se reën op normale vlakke vir hierdie tyd van die jaar staan.

Die groot hoeveelhede reën binne 'n baie kort tydperk veroorsaak egter probleme vir tuinbouers, wie se groente versuip en weens die baie reën deur peste aangeval word. Terselfdertyd kan pesbeheer nie toegepas word nie, omdat die lande te nat is om met trekkers in te kom.



AARTAPPELS, WORTELS,

UIE VROT

Namibië se grootste aartappel- en uieboer, mnr. Ludie Kolver van Cando Farming, sê weens te veel reën oor 'n kort tydperk op sy plaas in die Hochveld-omgewing, het hy oesverlieste van sowat N$3 miljoen gely.

“Ek het in 'n kwessie van twee tot drie weke tussen 250 en 300 mm reën gehad. Dit is te veel en gevolglik het ek sowat 12 en 'n halwe hektaar se aartappels verloor. Nog 'n negatiewe gevolg van so baie reën is dat meer aalwurms voorkom wat die aartappels aanval.”

Hy sê voor dié reën het hy verlede jaar in November en Desember ook hitteskade gehad en tot soveel as 80% se oesverlies gely.

“Die probleem is dat mens nie jou insetkoste kan verhaal na soveel skade nie,” het hy gesê.

Nog 'n mega aartappel- en uieboer, mnr. Cobus Coetzee van die plaas Bombay tussen Tsumeb en Grootfontein, sê in hul omgewing het hulle ook te veel reën gehad, wat 'n aartappel-oesverlies van sowat N$1,8 miljoen op sy plaas tot gevolg gehad het.

“Ons gemiddelde reënsyfer is sowat 400 mm. Tans staan ons op 550 mm reën.

“Ek plant sowat 30 hektaar aartappels en oes gewoonlik sowat 50 ton aartappels per hektaar. Weens die reën verwag ons om nou net sowat 35 ton per hektaar te oes. Na verwagting sal ons opbrengste met die uie ook swakker wees.”

Mnr. Dirk van der Berg, wat op Uitkoms en Neseier naby Tsumeb boer, sê sowat 300 mm se reën in Februarie het daartoe gelei dat hy een blok geelwortels heeltemal moes afskryf.

“Ek het byvoorbeeld 75 mm in een reënbui ontvang. Die altenaria-swamme het op die groente toegesak en omdat toestande te nat was, kon ek nie met my trekker in die lande inkom en giwwe daarteen spuit nie.

“Ek plant my geelwortels in blokke van sowat een en 'n halwe hektaar. Ek oes sowat vyftig tot sestig eerstegraadwortels per hektaar. Die verlies is dus so rondom N$390 000,” sê hy.

“Buiten dat dit 'n verlies is as jy verlore insetkoste soos kunsmis, aanvanklike besproeiing en elektrisiteit in ag neem, het die nat toestande daartoe gelei dat ek nie opvolgblokke kon plant nie.

“'n Mens moet kontinuïteit kan behou as dit kom by die lewering van varsprodukte aan kliënte. Ek is nou reeds 'n maand agter en gaan vorentoe ook probleme ondervind omdat ek nie opvolgblokke kon plant nie,” het hy gesê.

Van der Berg sê egter as bees- en sitrusboer is hy ook dankbaar vir die reën.



AKKERBOUERS MEER ­OPTIMISTIES

Mnr. Gerhard Engelbrecht, 'n akkerbouer uit die Mieliedriehoek, sê hy het altesaam al 800 mm reën vir die seisoen gehad en alhoewel dit baie meer

as die gemiddeld van 550 mm is, het hy nie groot skade gely nie.

“Hier en daar het 'n bietjie mielies versuip en my verliese is moontlik so 10%. Terselfdertyd het die goeie reën moontlik gehelp om die herfs-kommandowurmplaag onder beheer te kry – tesame met die giwwe wat ons gespuit het, wat ook doeltreffend was,” het hy gesê.

Mnr. Louis Steyn, nog 'n bekende mielieprodusent van die plaas Highlanders naby Grootfontein, sê van sy jonger mielies het versuip, maar die meer volwasse plante het oorleef. Hy skat sy skade staan op tussen 20 en 30%.

Hy kry gemiddeld sowat 460 mm reën, maar het reeds 810 mm vir hierdie seisoen ontvang.

Mnr. Georg Sievers, wat noord van Grootfontein op die plaas Gross-Ilmenau in die omgewing van Abenab boer, sê hy het meer as 700 mm reën vir die seisoen gehad.

“My grond kan nie so baie water hanteer nie en dis nie die beste toestande om mielies in te groei nie. Die mielies verkleur geel, wat my oes met tot 'n kwart kan verminder. Maar ons verkies egter steeds die goeie reën bo droogte en die grondwater word aangevul, wat baie belangrik is,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%