Groen paspoortboekies (eindelik) hier

10 jaar geldig

16 October 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht – Bykomende hulpbronne is in die ministerie van binnelandse sake en immigrasie ontplooi om te verseker die huidige agterstand in die uitreiking van paspoorte word binne vier tot ses weke ingehaal.

Die adjunkminister, me. Maureen Hinda-Mbuende, het gister bevestig die langverwagte besending groen paspoortboekies het vandeesweek uiteindelik in die land aangekom.

Volgens haar sal die stelsel wat geïmplementeer is, verseker mense wat paspoorte nodig het om te reis, kry dit betyds.

Sy het ook die hoop uitgespreek dat na die aanvanklike omkeertyd teen middel-Desember teruggekeer sal word.

Dít behels dat dit tussen drie en tien dae neem om ’n paspoort uit te reik.

Om die aflewering van paspoorte te bespoedig, sal aansoekers via SMS in kennis gestel word dit is gereed.

“Navrae oor die status van aansoeke kan gedoen word deur die aansoeknommer te gebruik wat op die ontvangstrokie as verwysingsnommer aangedui is,” het Hinda-Mbuende gesê.

Sy het beklemtoon ’n paspoort is ’n reisdokument en nie ’n identiteitsdokument nie. Volgens haar is die vraag na paspoorte vererger deur mense wat sonder enige reisplanne om paspoorte aansoek doen.

In die tydperk wat ’n tekort aan paspoortboekies ervaar is, is 160 paspoorte nooit afgehaal nie.

“Meer as 5 000 paspoorte het op ons rakke verval sonder dat iemand dit ooit kom afhaal het,” het sy gesê.

Die nuwe paspoorte is geldig vir ’n tydperk van 10 jaar, wat volgens Hinda-Mbuende die vraag na nuwe paspoorte sal verminder.

Die geldigheid van die paspoorte vir aansoekers onder die ouderdom van 21 jaar bly egter vyf jaar weens veranderinge in gelaatstrekke op hierdie ouderdom.

Volgens Hinda-Mbuende moes die ministerie die afgelope maande noodgedwonge gebeurlikheidsplanne maak om noodvoorrade te verseker.

’n Totaal van 6 065 paspoorte is gedruk, waarvan 2 064 gewone paspoorte en 4 001 bruin paspoorte was.

Hinda-Mbuende het eienaars van bruin paspoorte aangemoedig om dit steeds te gebruik om na bestemmings te reis waar dit as wettige reisdokumente erken word.

Sy het beklemtoon almal se samewerking is nodig om die ministerie in staat te stel om goeie diens met die skaars hulpbronne tot sy beskikking te lewer.

“Ons filosofie is om meer met minder te doen.”

henrie[email protected]

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

6 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

7 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

7 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

8 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Meer as N$6 miljoen se dagga in lorrie gevind

1 dag gelede | Misdaad

'n Lorriebestuurder (24) en sy 34-jarige medebestuurder is Saterdag omstreeks 09:00 op die B3-hoofweg naby Grunau in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

1 dag gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

1 dag gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...