Groen energie kry hupstoot

13 August 2019 | Omgewing
Die ministerie van die omgewing en toerisme het ’n platform geskep wat die private sektor in staat stel om finansiering vir klimaatsverwante beleggings van verskeie internasionale instellings, soos die Groen Klimaatsfonds, te kry.

Mnr. Petrus Muteyauli, hoof van meersydige omgewingsooreenkomste in die ministerie, het Donderdag by ’n funksie van die Klimaatsfinansieringsfasiliteit (CFF) in die hoofstad gesê die private sektor het die potensiaal om verskeie klimaatsverwante uitdagings die hoof te bied, maar slegs die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) is geakkrediteer om toegang tot internasionale befondsing te kry.

Volgens Muteyauli het die ministerie in 2017 ’n ooreenkoms met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) gesluit om Namibiese private maatskappye te help om inkomste te genereer uit projekte wat op klimaatsverandering fokus.

Die DBSA finansier dié projekte se lenings teen ’n lae rentekoers.

Die CFF finansier klimaatsbestande infrastruktuur-projekte ter waarde van N$2 miljard in Namibië, Suid-Afrika, Lesotho en e-Swatini deur die DBSA en in samewerking met private uitleners.

Muteyauli het beklemtoon die ministerie bevorder nie lenings vir klimaatsveranderingsaanpassings nie, maar daar is projekte wat inkomste en wins lewer, derhalwe geld sekere vereistes vir lenings teen lae rentekoerse.

Muteyauli sê die ministerie sal ’n strategiedokument en handleiding verskaf met al die prosesse en soort projekte wat vir finansiering in aanmerking sal kom.

’n CFF-lid, mnr. Jonathan First, het gesê daar word op kommersieel lewensvatbare projekte gefokus.

“Die CFF sal skoon energie-projekte en waterprojekte finansier wat klimaatvoordele inhou, asook ander klimaatsverwante projekte wat ’n inkomste kan voortbring,” het hy gesê. - Nampa

Soortgelyk

 

14 'wildmisdadigers' vas

7 ure gelede | Misdaad

Altesaam 14 vermeende wildmisdadigers is verlede weke in hegtenis geneem, van wie vier elk in verband met renoster- en olifantstropery of horing- of ivoorsmokkelary of...

Verklaar raad nietig, sê Itula

23 ure gelede | Politiek

Henriette Lamprecht - Dr. Panduleni Itula, tandarts van beroep en onafhanklike presidentskandidaat in die pas afgelope verkiesings, wil hê die aanstelling van nuwe lede van...

Makalani’s se voete in die water

23 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor het gister wéér ’n weerwaak vir wydverspreide donderstorms uitgereik, wat na verwagting in die Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omahekestreek sal voorkom. Daar...

Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van sy leier, mnr. McHenry Venaani, gesê hulle gaan ook...

Noa kap na ‘leunstoel-kritici’

23 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se uitvoerende direkteur, mnr. Paulus Noa, het teruggekap na wat hy “leunstoel-kritici” noem en sê pleks dat hulle dié...

STEMFEITE: OSHANA

23 ure gelede | Politiek

Die infografiek lig Ondangwa se verkiesingsuitslae uit. In 2014 het Swapo 86% van alle stemme in die kiesafdeling gewen.

Weer vir 5 Desember 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Donderstorms van 50 mm en meer oor 24 uur kan kitsvloede in Ohangwena, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke veroorsaak.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm...

PDM steek skadukabinet aan die werk

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister die party se skadukabinet aangekondig.Volgens hom gaan...

Vervoerpionier se roudiens Saterdag

23 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - Die roudiens van ’n pionier en legende in die Namibiese vervoer- en toerismebedryf, wyle mnr. Willie du Toit (68), vind Saterdag om...