Grünschloss wil Tsumeb Afrika se Dubai maak

Megaprojek van miljarde

13 August 2019 | Sakenuus
Francoise Steynberg – Die bekende suikerkoning en sakeman van die Noorde, mnr. Kallie Grünschloss, sê hy gaan Tsumeb Afrika se Dubai maak.

Hy sê die hoofrede vir die ambisieuse multimiljard- Smart City-ontwikkelingsprojek van Grünschloss Estates en MKP Suid-Afrika is dat hy iets vir Tsumeb, Namibië en Afrika wil doen.

“Ek gaan Tsumeb die Sandton van Namibië en die Dubai van Afrika maak. Ek wil ‘n Tsumeb sien met geen werkloosheid en armoede nie,” het Grünschloss aan Republikein gesê.

Tydens ‘n onderhoud in Maart op Tsumeb het Grünschloss gesê bouwerk aan die oostekant van die dorp sou einde Maart begin het – wat nie gebeur het nie.

Hierna het hy geen oproepe of boodskappe beantwoord oor waarom die projek van sowat N$20 miljard toe nie uit die blokke gekom het nie.

Tsumeb se burgemeester, mnr. Matheus Hangula, het egter nou namens die munisipaliteit uitnodigings na die amptelike afskop van bouwerk aan die Smart City Development-projek aan belanghebbendes gestuur.

Republikein is ook na die geleentheid op 15 Augustus genooi.

“Die raad bly aan die projek toegewy,” het Hangula in die uitnodigingsbrief gesê.

Raadslede was ook teenwoordig by die sooitspitseremonie in Desember verlede jaar.

MEDIES EN TEGNOLOGIE

Grünschloss sê Tsumeb gaan ’n woonplek van voorkeur wees om op te woon, te werk en te studeer.

Hy sê deur sy internasionale logistieke maatskappy het hy baie in Afrika, die Midde-Ooste en Europa gereis en wil hy iets in die mediese veld vir Afrika doen.

“Die twee dinge wat Afrika nodig het, is medies en tegnologie. As jy in Afrika siek word, is jy in die moeilikheid.”

Daarom is Grünschloss se drie hoofdoelwitte vir die mega-ontwikkelingsprojek ‘n mediese universiteit en hospitaal, ‘n internasionale lughawe, hotelle en ‘n kasino, gevolg deur ‘n kommersiële komponent wat die finansiële slagaar sal wees.



“Sowat 25 000 mediese studente uit ses Afrikalande gaan by die mediese universiteit kom studeer.”

Grünschloss sê hy werk sedert Junie 2016 aan hierdie projek en middel 2017 het dinge begin gebeur met beleggers van Maleisië, Katar, Switserland en die Verenigde Koninkryk wat Tsumeb besoek het en hul finansiering verseker het.

“Ek wil ‘n stad bou waar 100 000 mense op 10 000 hektaar bly. Ek wil die beste internasionale mediese professore werf en vir hulle dieselfde salaris en leefstyl as oorsee bied,” het Grünschloss vertel.

“Hierdie professore gaan in 300 villas bly en hul kinders gaan by ‘n internasionale skool skoolgaan.”

Grünschloss kon nie uitgepraat raak oor die ongelooflike kundige argitekspanne van Dubai, Edge en IDP, wat die geboue ontwerp het, wat “in 2040 nog steeds ultramodern gaan lyk” nie.

Hy sê met die ontwerp het hy iets ultramodern, maar steeds eg Namibies in gedagte gehad.

“Die geboue is ultramodern en Namibiese karakter word in die binnenshuise ontwerp weerspieël.”

Volgens Grünschloss is drie dinge noodsaaklik vir ‘n mega-ontwikkeling: “Jou gemeenskap, jou munisipaliteit en jou regering moet jou ondersteun.”

Die rede vir die steun van al drie, sê Grünschloss, is “omdat daar nog nie een sent uit Namibië vir die projek gevat is nie. Al die grond is my grond en al die geld is my beleggers se geld.”

Hy het gesê die drie grootste boumaatskappye in Afrika sal die projek binne twee jaar voltooi met 5 000 werkers op die bouperseel.

In 2121 wil Grünschloss sy droom bewaarheid en sy megastad oopmaak.

[email protected]

Soortgelyk

 

Ma mishandel peuter glo, verfilm dit

13th of August 00:00 | Misdaad

Henriette Lamprecht 'n Vrou van Hentiesbaai is agter tralies nadat sy die naweek haar babaseuntjie na bewering aangerand, probeer versmoor en dit op video vasgelê...

Ontploffing in houtskool

13th of August 00:00 | Ministeries

Elvira Hattingh Die Namibiese houtskoolbedryf bied tans werk aan 'n geskatte 8 000 mense, met 'n sterk toename in houtskoolprodusente die afgelope jaar wat dié...

Minibus vol wagte tref motorhuis

13th of August 00:00 | Ongelukke

Ronelle Rademeyer – Vir die inwoners van Mose Tjitenderostraat 17 en 19 in Olympia is die syfer 11 klaarblyklik nie gelukkig nie. Elf jaar ná...

Lishen, the chess queen

13th of August 00:00 | Mense

Michelline Nawatises Lishen Mentile joined her first chess club at Eros Primary School in 2008, in grade 2. Since then she was fascinated and her...

Engele in die hoofstad

13th of August 00:00 | Plaaslik

Tanja Bause “Al meer kinders in Namibië word daagliks wees gelaat en al minder mense sorg vir dié kinders,” sê me. Bettie Hoakhaos (52) van...

Weer, Dinsdag 13 Augustus 2019

13th of August 00:00 | Weer

BINNELAND: Mooi weer en warm in //Kharas. Elders sal dit mooi weer en baie tot bloedig warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm.GETYE BY...

Namibiër in Kanada help plaaslike kinders

13th of August 00:00 | Mense

Tanja Bause - ’n Namibiese vrou wat die afgelope nege jaar in Kanada woon, het haar geboorteland onlangs besoek en die Lady Skelly Children’s Foundation...

Good Samaritan ploughs back

13th of August 00:00 | Onderwys

Michelline NawatisesKaleb Haipinge, a self-employed visual artist, parent and community member, donated building material of N$10 000 on 6 August to the A. Shipena Secondary...

Getting lost in the pages

13th of August 00:00 | Onderwys

Michelline NawatisesThe First Lady of Namibia Monica Geingos provided the last of the three mentorship sessions with the learners at the KAYEC Trust after-school centre....