Grindrod pas aan voor notering van skeepsafdeling
Francois Williams - Die skeeps- en logistiekegroep Grindrod se aandeelprys is verlede week aangepas in afwagting van die afsonderlike notering van sy skeepsredery-afdeling en die JSE het Donderdag ’n verduidelikende nota daaroor uitgereik.
Die JSE het verduidelik Grindrod Shipping gaan op 19 Junie afsonderlik noteer, en Grindrod het Woensdag ongenoteerde verpligte omskepbare skuldbriewe aan aandeelhouers uitgereik, wat op 19 Junie in gewone aandele in Grindrod Shipping Holdings omgeskep sal word.
Die JSE verduidelik dié soort transaksie gebeur nie so dikwels nie. Dit is ongewoon omdat die ontbondelde deel van die Grindrod-aandele vir ’n paar dae tot op 19 Junie nie verhandel word nie.
Die JSE se reëls is dat as die maatskappy wat ontbondel nie verhandel kan word op die datum waarop sy aandele van die moedermaatskappy ontbondel word nie, en sy geraamde waarde wyk 10% of meer af gemeet aan die moedermaatskappy se aandeelprys ná die ontbondeling, sal die moedermaatskappy se openingsprys die dag van die ontbondeling aangepas word.
Die JSE sê wat gewoonlik gebeur is dat die ontbondeling en die notering van die nuwe ontbondelde entiteit op dieselfde dag plaasvind.
Grindrod se aandeelprys voor die ontbondeling het Dinsdag op R12,77 gesluit en ’n kapitaalterugbetaling van net meer as R5,55 per aandeel is daarna toegepas as verteenwoordigend van Grindrod Shipping se waarde. Dit het neergekom op ’n sluitingsprys vir Grindrod van net meer as R7,21 in die JSE se indeksreeks. Grindrod se openingsprys op die JSE was Woensdagoggend egter R9,20, en sy openingsprys in die indeksreeks is dus toe ook aangepas na R9,20. Grindrod is ingesluit in 18 verskillende indekse van die JSE.
Grindrod het aandeelhouers herinner dat hulle een Grindrod Shipping-aandeel kry vir elke 40 Grindrod-aandele wat hulle besit. Die aandeelprys was verlede week egter 2% laer op R8,65. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie