Grieppandemie 'onvermydelik'
Grieppandemie 'onvermydelik'

Grieppandemie 'onvermydelik'

'n Beraamde 1 miljard gevalle van griep kom jaarliks wêreldwyd voor.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die uitbreking van 'n griep­pandemie is 'n immer teenwoordige bedreiging.

Volgens die Wêreldgesondheids­organisasie (WHO) is die kwessie nie óf dit gaan gebeur nie, maar eerder wanneer.

Die WHO sê 'n pandemie kan voorkom wanneer 'n nuwe griep­virus, wat mense nog nooit geraak het nie, sy verskyning maak, versprei en siekte veroorsaak.

Die organisasie sê griepvirusse is onvoorspelbaar en niemand is seker wanneer of vanwaar die volgende pandemie sy verskyning sal maak nie.

Nog 'n grieppandemie is volgens hulle onvermydelik, en in die lig hiervan is die wêreldwye griepstrategie vir 2019 tot 2030 vrygestel, wat ten doel het om mense in alle lande ter wêreld teen dié siekte te beskerm.

Die doel van die strategie is om seisoenale griep te voorkom, die verspreiding van griep van diere na mense te beheer, en om voor te berei op die volgende grieppandemie.

“Die bedreiging van ­pandemiese griep is immer teenwoordig,” sê die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus.

“Die voortgesette risiko van 'n nuwe griepvirus wat van diere na mense oorgedra word en 'n pandemie kan veroorsaak, is 'n werklikheid. Die vraag is nie of ons nog 'n pandemie gaan hê nie, die vraag is wanneer. Ons moet waaksaam en voorbereid wees. Die koste van 'n grootskaalse griepuitbreking is baie meer as die koste van voorkoming,” het Ghebreyesus gewaarsku.

Griep bly een van die wêreld se grootste openbare gesondheid­uitdagings. Jaarliks kom 'n ­beraamde 1 miljard gevalle wêreldwyd voor.

Hiervan is drie tot vyf miljoen ­ernstige gevalle, wat tot 290 000 tot 650 000 griepverwante sterftes lei.

Volgens 'n verklaring wat deur die WHO uitgereik is, is jaarlikse immunisering teen griep die doeltreffendste manier om die siekte te voorkom. Immunisering is veral belangrik vir mense wat 'n hoër risiko vir ernstige griepkomplikasies het, sowel as vir gesondheidswerkers.

Volgens die WHO is die nuwe strategie die omvattendste en verreikendste wat die organisasie al ooit vir griep ontwikkel het.

Dit bevat riglyne om bevolkings ­jaarliks te beskerm en help met ­voorbereiding op 'n pandemie deur middel van die versterking van roetine programme.

Doelwitte sluit in die bevordering van voorkoming, beheer en voor­bereiding in lande.

Laasgenoemde vereis van lande om 'n griepprogram te hê wat duidelik uiteengesit is.

Voorts behoort beter hulpmiddels ontwikkel te word om griep op te spoor, te voorkom, te beheer en te behandel. Dit sluit toegang tot doeltreffender entstowwe, behandelings en antivirale middels in.

“Met die vennootskappe en werk gerig op spesifieke lande wat ons die afgelope paar jaar reeds doen, is die wêreld beter voorbereid as ooit tevore op die volgende uitbreking, maar ons is steeds nie voorbereid genoeg nie,” het Ghebreyesus gesê.

“Die strategie het ten doel om ons daar te kry. Basies is dit om gesondheidstelsels voor te berei om skokke te hanteer, en dít gebeur slegs wanneer stelsels gesond en sterk is.”

Die WHO sê doeltreffende vennoot­skappe is nodig om die strategie ­suksesvol te implementeer.

In dié verband gaan die WHO vennootskappe uitbrei om navorsing, vernuwing en beskikbaarheid van nuwe en verbeterde griepbehandeling wêreldwyd te verhoog om alle lande te bevoordeel.

Terselfdertyd sal die WHO nou saam met lande werk om hul vermoë te verbeter om griep te voorkom en te beheer.

Die afgelope 65 jaar het die Wêreldwye Griepwaarneming- en Reaksiestelsel (GISRS) bestaan uit nasionale WHO-griepsentrums, wat saamwerk om seisoenale tendense en moontlike pandemiese virusse dop te hou.

Dié stelsel dien as ruggraat vir die wêreldwye waarskuwingstelsel vir griep.

Volgens die WHO kan 'n ernstige pandemie tot die verlies van ­miljoene mense wêreldwyd lei.

Die koste van voorbereiding op 'n pandemie word beraam as minder as US$1 per persoon per jaar, wat minder as 1% van die beraamde koste van die reaksie op 'n pandemie is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!