Grense (weer) oop
Grense (weer) oop

Grense (weer) oop

’n Beroep word op die regering gedoen vir meer praktiese regulasies.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die vreugdevure brand hoog in die toerismesektor ná die aankondiging gisteroggend dat die grensposte van Ariamsvlei, Noordoewer, Katima Mulilo en Walvisbaai-hawe met onmiddellike effek oop is.

"Dit is egter steeds onderhewig aan die Covid-19-gesondheidsregulasies," het die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Frans Kapofi, in ’n mediaverklaring beklemtoon.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het op navraag van Republikein bevestig dat toeriste weer by die grensposte mag inkom en uitgaan.

Buurlande Botswana en Angola se grense bly steeds gesluit weens hul noodtoestand. Suid-Afrika het laat gistermiddag sy nasionale staat van inperking tot 15 November verleng.

Gisteroggend het ander toerismemaatskappye by Gondwana Namibia Collection se #SOSTourism-veldtog aangesluit en hul toeristevoertuie op sypaadjies parkeer voor die goeie nuus van oop landsgrense voor 11:00 bekend geraak het.

REAKSIE

“Dis baie goeie nuus en ’n duidelike stap in die regte rigting. Toerisme is op sy knieë in Namibië en ons het so dringend ’n lewenslyn nodig,” het me. Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging (Tasa) gesê.

“As ons nou nog positiewe nuus oor ander knellende vrae oor die huidige regulasies kan kry, sal dit wonderlik wees.”

Sy sê die toerismebedryf hoop dat die Covid-19-toets op die vyfde dag kan wegval, “want dis die grootste struikelblok vir toeriste wat Namibië toe wil kom”.

Ahrens sê die onsekerheid wat daarmee gepaardgaan, is een te veel.

“Niemand stry dat ’n persoon wat simptome het, getoets moet word nie. Dit is ’n ongelooflike krisis nou vir ons almal, maar ons kan onmoontlik wag tot daar eendag ’n teenmiddel vir Covid-19 is. Ons moet nóú toeriste kry.”

‘ONDUIDELIKHEDE VERWAR’

Die uitvoerende hoof van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha), me. Tanja Dahl, is ook verheug, maar voeg by: “Baie skade is aangerig deurdat potensiële besoekers by die grense weggewys is, nadat van die mense vir 'n aantal dae deur beamptes deurgelaat is totdat ingang ewe skielik geweier is.”

Dahl meen Namibië benodig elke besoeker wat bereid is om ons mooi land in hierdie tye te besoek. Ons vertrou ons leiers besef dat Namibië se beeld hieronder ly en onduidelikhede mense verwar.”

Dahl sê die toerismesektor hoop dat Namibië se leiers besef dat “ons mekaar moet ondersteun om brood op die tafels van mense te sit”.

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me Gitta Paetzold, sê dit is die beste nuus.

Sy vertel sy was twee dae in die Kunenestreek en is tans in Etosha, maar dit is vir haar hartverskeurend hoe leeg dit is.

“In die Kunenestreek is alle klein nedersettings verlate – almal grootliks afhanklik van toerisme en tans sonder enige inkomste. Hulle veral, en die toerismebedryf benodig dringend duidelikheid oor toerismevloei en oop grense,” sê Paetzold.

#SOSTOURISM-VELDTOG

#SOSTourism vra steeds vir meer praktiese regulasies vir die toerismesektor om te oorleef sonder om ’n bedreiging vir die gesondheid van Namibiërs in te hou.

Dit sluit in die verwydering van die onpraktiese, duur en logistiek-ingewikkelde tweede toets op die vyfde dag ná aankoms, asook geen kwarantyn vir Namibiërs en toeriste.

“Aanvaar ’n negatiewe toets met aankoms vir alle besoekers en terugkerende inwoners.”

#SOSTourism meen ook diplomatieke pogings moet aangewend word om Namibië as ’n bestemming van internasionale rooilyste te verwyder.

Eergister het Republikein ’n brief van ’n ontstoke Suid-Afrikaner gekry wat weens die geslote grense sy Namibiese reis moes kanselleer.

Gister het hy geskryf: “Ek het die goeie nuus gehoor en die ink was nog nie droog nie, toe is my plekke weer bespreek.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58%