Grendelverwarring u2019n groeiende probleem
Grendelverwarring u2019n groeiende probleem

Grendelverwarring ’n groeiende probleem

Impak van pandemie tref nie almal ewe erg
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Die bekende gesegde van slim vang sy baas kom in hierdie grendeltyd by my op. Soos wat daar aanvanklik begrip en was vir die inperking en mense gehoor gegee het aan die reëls om die verwagte verwoesting van die pandemie die hoof te bied, verloor die veldtog nou steun.

Dit is omdat benadeeldes nie toegelaat word om deel te word van die oplossing nie. Dié toedrag van sake vererger die uiters negatiewe impak van ander stelselgebreke wat noodwendig blootgelê word.

Namate ervaring opgedoen word en lande en regerings by bymekaar leer om foute te vermy, skop menslike kreatiwiteit in. Dit is noodsaaklik dat ‘n land hom staal teen die verwagte verwoesting van die pandemie en gegewe die demografie en veral die bekende ongelykhede, manifesteer die impak anders op verskillende vlakke van die samelewing.

Met bykans die helfte van die bevolking werkloos en dié wat afhanklik is vir inkomste van die verkoop van hul arbeid in bedrywe wat tot stilstand gekom het, is doelgemaakte oplossings die enigste uitweg. Genadiglik is daar genoeg kos met vervangbare produkte om invoerafhanklikheid te omseil, maar kontant om dié kos te kan koop, is afwesig. Daarmee saam word vergoeding van permanente werknemers ook verminder, met die gevolg dat die vermoë om afhanklikes te ondersteun, ook in gedrang kom. Hongersnood staar mense in die gesig te midde van oeste op die lande.

Toegang tot hierdie kos word beperk deur administratiewe rompslomp, onvermoë om beleid uit te voer en les bes dubbelsinnige maatreëls. Hoewel daar na bewering interdepartementeel oorlegpleging is om ‘n holistiese mandjie van maatreëls daar te stel, is daar al hoe meer bewyse van die teendeel. Daar is nie voldoende beraadslaging tussen die verskillende ministers nie. Op laer regeringsvlakke is die divergering hiervan nog meer sigbaar met verdere negatiewe impak.

Wat ook duidelik uitstaan is die gebrek aan sinergisme, selfs binne departemente. Duidelik is baie van hierdie departemente wat veral op landbou gerig is, nie voldoende bekend met die diverse vermoë van die sektor nie. Kommersiële landbou is verwaarloos en nou dat dié segment se bydrae ellendeverligting kon versnel, bevind departemente hulle klaarblyklik op sulke onbekende terrein dat hulle niks doen nie eerder as om die verkeerde ding te doen. Hoe anders verklaar mens die onvermoë van munisipaliteite om vinnig permitte uit te reik aan informele handelaars? Die afwesigheid van betroubare data hier dui op ‘n gebrek aan kennis en loop die gevaar om al die positiewe gevolge van hulp aan hierdie deel van die voedselketting, ongedaan te maak.

Luister ’n mens na die vele klagtes van boere wat nie net wil en kan help om kos op die tafels te kry van die arm deel van die bevolking, kom die moontlikheid van politieke moedswilligheid op. Wat egter ook weer blootgelê word, is die gebrek aan werklike kennis oor hoe voedselkettings werk en behoort te werk. Mens sidder om te dink hoe amptenare nuwe toetreders tot die landbou sal kan inlig en lei tot kommersiële volhoubaarheid.

Daar is die voorbeeld van aartappelboer wat aansoek doen om werkers uit die dorp plaas toe te neem om te oes en dan word aangedring dat die werkers van “amptelike” bus- en/of taxivervoer gebruik moet maak nie.

Tans is daar ‘n nuwe dringendheid om kleinboere in staat te stel om die jaar produksiegewys te kan deursien. Dié strategie strook met byvoorbeeld aanbevelings van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO). As dit werk, kan dit nie net broodnodige kontant skep vir hierdie boere nie, maar ook voedselonsekerheid in daardie huishoudings teenwerk.

Die vraag wat onwillekeurig opkom, is hoekom sulke vangnette nie in elk geval al geskep is nie. ’n Mens wonder ook oor die doeltreffendheid van wat reeds vir hierdie groep boere gedoen is, insluitend wat dit kos aan net salarisse alleen. Dit sal nie moeilik wees om te bewys hoe ondoeltreffend daardie geld aangewend is nie. Te veel amptenare wat tans met betaling by die huis ingeperk is, is nie in staat om werklik ‘n bydrae te maak wat ‘n verskil op grondvlak beteken nie.

Die land moet voorberei word om ná die pandemie so gou moontlik aan die gang te kan kom. Die verbod op die uitvoer van wol, katoen, bokhaar en wyn om net enkeles te noem, is kortsigtig.

Verskonings soos dat die diefstal van ’n vragmotor vol wyn op pad na die uitvoerhawe ’n verleentheid is, illustreer ‘n ander siekte wat nie voor die deur van wynboere gelê kan word nie.

Inperking ten spyt, moet daar nie ‘n perk wees op skeppende denke nie. Hierin kan landbou leiding gee.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!