Gratis vervoer tydens registrasie
’n Studenteorganisasie en ’n vervoermaatskappy snoer kragte saam om studente in die registrasieproses by te staan.
Mariselle Stofberg- Die Namibië Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) ondersteun studente wat aan die Universiteit van Namibië registreer van gister af reeds met gratis vervoer na en van registrasiepunte.
Nanso bied, in samewerking met Silas Ndapuka Transport, vervoer aan voornemende en bestaande Unam-studente vir die duur van die registrasieperiode.
Dit is deel van die organisasie se Toegang tot Onderwys-inisiatief.
Studente word om 06:00 by aangewese punte opgelaai en weer ná 17:00 by dié punte afgelaai.
“Studente moet hul studentekaarte of ’n bewys van toelating by Unam toon om toegang tot die busse te verkry. Ons werk hard daaraan om ook vervoer na onder meer die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Internasionale Universiteit van Bestuurswese (IUM) te verseker,” het mnr. Efraim Paulus, Nanso se nasionale sekreteraris van onderwys, opleiding en navorsing, gesê.
Paulus doen ’n beroep op die gemeenskap, besighede, invloedrykes en mense met beskikbare voertuie om hulle in dié inisiatief by te staan.
“Hierdie insiatief, in samewerking met die gemeenskap, gaan dit moontlik maak om ons doelwit te bereik om bestaande en voornemende studente te ondersteun om toegang tot hoëronderwysinstellings tydens registrasie te verkry.”
Mnr. Junias Nangolo, operasionele bestuurder by Silas Ndapuka Transport, versoek besighede om ook te help.
“Baie van hierdie studente is nuut in Windhoek en weet nie hoe om by die kampus te kom nie, en beskik ook nie oor die nodige vervoer nie. Ons wil hierdie studente se registrasie vergemaklik, en hoop ander besighede sal dieselfde doen.”
Oplaaipunte sluit in die Havana-vierrigtingstop, die Goreangab-, Hakahana-, Wanaheda- en Okuryangava-bushaltes, asook die vierrigtingstop tussen Wanaheda en Greenwell Matongo in Otjimuise-weg.
Tydens ’n mediakonferensie verlede week het me. Esther Simon, Nanso se president, bevestig die organisasie gaan die Toegang tot Onderwys-inisiatief van stapel stuur.
Hierdie inisiatief het ten doel om studente tydens registrasie by te staan en eis onder meer die afskaffing van registrasie- en aansoekkostes.
Simon het beklemtoon die organisasie gaan nie tevrede wees met ’n blote kosteverlaging nie.
“Ons sal nie omgee indien registrasiekostes verminder nie, maar ons kan nie instem tot slegs ’n verlaging nie. Dit gaan steeds beteken die armste studente gaan dit nie kan bekostig nie,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie