Gratis aanlyn jogaklasse vir almal

03 April 2020 | Gesondheid
Tanja Bause – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het gratis aanlyn jogaklasse bekend gestel. Die klasse sal vanaf Maandae tot Vrydae tussen 17:00 en 18:00 via Facebook Live op die webtuiste van die hoëkommissariaat ‘India in Namibia’ uitgesaai word.
Volgens mnr. Vipul Bawa, die hoof van die kanselary, is die gratis jogaklasse wat die hoëkommissariaat vanaf 2016 aanbied tydelik weens die Covid-19-pandemie opgeskort.
“Dr. Nikhila Hiremath bied twee jogaklasse vyf keer ‘n week aan. Sy bied ook nou die gratis klasse aanlyn aan.”

“Hierdie tyd is vir ons almal ‘n uitdaging. Ons moet almal by die huis bly maar dit is net so belangrik om kalm, ontspanne en gesond te bly. Mense in isolasie is gefrustreerd en verveeld en ons hoop dat die aanlyn klasse kan help.”
Hiremath se klasse sal jogaposisies (Yogasanas), asemhalingstegnieke (Pranayama), asook meditasie en ontspanningstegnieke insluit. Beginners sal ook kan deelneem.
“Mense wat die klasse van hul huis af wil bywoon moet verkieslik in ‘n stil goed geventileerde kamer wees en gemaklike klere dra. As iemand vrae oor joga het kan hulle vir my ‘n e-pos aan [email protected] stuur,” het Hiremath gesê.
Die klasse kan by https://www.facebook.com/IndiaInNamibia gevolg word. - [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

16 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...