Grappies, boewe en ’n babarenoster

Lloyd Zandberg
“’n Heerlike avontuur tussen ’n ou man en ’n nimlike jong seuntjie, Fearless, en ’n aangrypende storie wat jou sal laat lag en huil, met ’n babarenoster wat harte gaan steel. Dit is ’n visuele komedie wat gat skop, met boewe wat hulle alies in die Afrikabos sien, en ’n Rottweiler wat slimmer as ’n mens is. Kom saam op ’n onvergeetlike reis en bring jou snesies saam!” sê die geliefde grapjas Leon Schuster oor sy nuutste gesinskomedie, Frank & Fearless, waarvan die lokprent pas vrygestel is.

Frank & Fearless beloof om kykers te laat skaterlag, maar ook diep te raak met ’n ernstige onderliggende boodskap, waarby oud en jonk aanklank sal vind.

Afgesien van uitstekende filmkuns spog die fliek ook met indrukwekkende 3D-animasiewerk deur Luma Creative Studio, animasiemodellering deur DreamSmith en spesiale effekte deur Refinery, asook die bystand van die bestes om die tonele so geloofwaardig moontlik te maak.

Hierdie fliek uit die pen van Gray Hofmeyr, Leon Schuster en Geoff Newton, is deur ’n dinamiese span geskep, met die bekroonde filmmaker Hofmeyr (van Jock of the Bushveld, Sweet and Short, There’s a Zulu On My Stoep) as regisseur en André Scholtz en Menzi Thabede as vervaardigers.

Leon Schuster is puik in die hoofrol, wat dié keer kop en skouers uitstaan bo enige van sy vorige werk, soos Mr Bones en Mad Buddies – van die beste presteerders ooit.

Die fliek word deur Filmfinity (Edms) Bpk. versprei en sal einde November 2018 uitgereik word.

Dit is deur Thabede Menzi Films, Schus Productions en Dapple Films, in samewerking met M-Net, Film Chrome, die departement van handel en nywerheid (DTI), die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC), Sanparke en die departement van omgewingsake vervaardig.

Kyk Frank & Fearless se lokprent op YouTube.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!