• Tuisblad
  • Sake
  • Graanvlokkies tot beurtkrag: Dit is wat SA’ners google
Graanvlokkies tot beurtkrag: Dit is wat SAu2019ners google
Graanvlokkies tot beurtkrag: Dit is wat SAu2019ners google

Graanvlokkies tot beurtkrag: Dit is wat SA’ners google

Petrus Malherbe - As jy ook deur die loop van die jaar gewonder het waarom die Amerikaner John Harvey Kellogg graanvlokkies uitgevind het, was jy beslis nie alleen nie.

Google het Woensdag sy jaarlikse lys van gewildste vrae en soekterme in Suid-Afrika bekend gemaak.

En boaan die lys verskyn juis dié vraag: Waarom is graanvlokkies uitgevind?

Die antwoord? Wel, dis dalk beter as jy dit maar self gaan opsoek!

Afgesien van graanvlokkies en die oorsprong daarvan, het Suid-Afrikaners ook vanjaar gewonder hoe laat die eindstryd van die Wêreldbekerrugby begin, hoeveel stemme jy benodig vir ’n setel in die parlement en wie of wat Bosasa is waaroor daar nog heel jaar ’n bohaai opgeskop is.

Daar is ook oor Gavin Watson (grootbaas van Bosasa) gewonder, sowel as Fiona Viotti, die voormalige juffrou van Bishops in Kaapstad wat na bewering ’n verhouding met van haar leerlinge aangeknoop het.

Die verkiesing in Mei het Suid-Afrikaners ook genoop om te probeer uitvind hoe laat die stembusse open, wie die verkiesing gewen het en wat die Verkiesingskommissie (OVK) is.

Beurtkrag was natuurlik ook ’n onderwerp waarna daar baie gesoek is.

Google stel elke jaar sy lys van gewildste soekterme bekend en dit lewer telkens snaaksighede op, soos hoe kan ek gewig in net drie dae verloor.

Sportsterre wat deur die loop van die jaar oorlede is, soos James Small en Chester Williams, verskyn ook op die lys van gewildste soekterme.

Vinnige feite oor Google:

· Google is die wêreld se grootste soekenjin wat betref die aantal gebruikers met ’n markaandeel van meer as 90%.

· 15% van alle soektogte is uniek – met ander woorde niemand het al ooit vantevore daarvoor op Google gesoek nie.

· Google kry sowat 63 000 versoeke per sekonde op enige gegewe dag.

· Die gemiddelde persoon soek tussen drie en vier keer per dag vir iets op Google.

· Google is in 1996 deur Sergey Brin en Larry Page geskep. Die soekenjin se oorspronklike naam was BackRub.

· Alphabet, Google se beheermaatskappy, se markwaarde het Woensdag op meer as US$926 miljard gestaan.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!