Graad 11's en 12's wil terug skool toe

Suid-Afrikaanse universiteite gaan nie hul jaarplanne veran­der om by Namibiese leerlinge aan te pas wat eers in Junie 2021 hul akademiese jaar voltooi nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



“Ons graad 11- en 12-leerlinge moet hul eksterne eksamens in Oktober skryf en ons sal ons tot die hoogste hof wend om dit te laat gebeur.”

Volgens me. Colette Rieckert van die Vereniging van Private Skole in Namibië wat ook die Namibiese leerplan volg, het die skole tydens 'n opname deur die ministerie van ­onderwys, kuns en kultuur gekies om Junie weer te open en die ­akademiese jaar te voltooi. In die geval word hulle ook deur 'n groep staatskole ondersteun.

Die vereniging verteenwoordig sowat 12 000 leerlinge en skole soos St. George's, St. Paul's, Gobabis Gimnasium, Riverside, Sunshine Kids, Windhoek Christian Academy, Windhoek International School, Walvisbaai Privaat Laerskool en Hoërskool en Windhoek Gimnasium.

“Almal is dit eens ons kan nie die jaar in Junie 2021 eindig nie. Van die graad 12-leerlinge het reeds by universiteite vir toelating en ook vir beurse aansoek gedoen,” het sy gesê.

Volgens Rieckert het sy ook ­gesprekke met verskeie Suid-Afrikaanse universiteite gevoer wat gewild onder Nami­biërs is en wat die universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Kaapstad insluit.

“Hulle beplan geensins om hul termyne te verander om 'n paar ­Namibiërs te akkommodeer nie. Hul jaar gaan normaal voort. Geen Suid-Afrikaanse instansie gaan hul jaarplanne verander om by ons in te skakel nie.” Met verwysing na Cambridge wat die eksamens reguleer, sê Rieckert senior persone met wie sy hier gepraat het, was glad nie bewus van die moontlike verandering van die skoolkalender nie.

'n Ander kontak het egter wel laat weet Windhoek Gimnasium se eksa­menkantoor het hom onlangs gekontak en so 'n moontlikheid bespreek.

Met verwysing na die ­sielkundige invloed op leerlinge het Rieckert gesê kinders is sosiale wesens en het ­interaksie met vriende nodig.

“Aanvanklik was dit lekker (om by die huis te wees), maar hulle kom nou by die fase wat hulle moed verloor en kwaad is en nie die einde sien nie.”

Sy het beklemtoon by skole kan die riglyne vir die bestryding van Covid-19 nougeset en onder toesig gevolg word. Dit sluit higiëne en die meet van temperatuur in.

“Is dit nie beter om hulle hier, in 'n beheerde omgewing en met gestruktureerde aktiwiteite te hê nie?”

Dit sluit sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (ECD) in.

Die sosioëkonomiese risiko is nou soveel hoër as die risiko vir die siekte, waarsku Rieckert.

Sy het gemaan leerlinge kan nie “drie jaar in 'n abnormale ritme” leef totdat daar weer wel na 'n stelsel van drie termyne teruggekeer word nie.

“Ons verstaan nie hoekom skole nog vir drie maande gesluit moet wees nie. Ons wil weet hoe het hulle (die ministerie) by opsie een uitgekom.”

Volgens haar is die vereniging besig om 'n dokument op te stel om 'n vergadering met die minister van onderwys te versoek.

Sy het beklemtoon die vereniging wil “niemand kritiseer nie, want dan wen niemand”.

“Ons is almal saam in hierdie ding. Ons wil help sover ons kan en wil ook help om by 'n oplossing te kom sodat dit 'n wen-wen situasie vir almal is.”

Hoekom kan graad 11- en 12-leerlinge nie reeds terugkeer skool toe en hul akademiese jaar voltooi nie? wou 'n graad 12-leerling verbonde aan 'n staatskool in 'n onderhoud met ­Republikein weet.

“Daar is genoeg klaskamers (vir sosiale afstand). Ons is bereid om na die skole terug te keer tot einde ­Desember dan kan ons ten minste ons jaar klaarmaak.”

Volgens haar “is dit nie so baie werk nie” en sal leerlinge dit met harde werk teen Desember kan voltooi.

“As almal wil, sal ons kan klaarmaak.”

Sy het ook soos baie van haar vriende reeds aansoek by 'n universiteit in Suid-Afrika vir studies aanstaande jaar gedoen. Haar betrokke skool sal teen volgende week graad 12-leerlinge laat weet of 'n matriekafskeid hulle vanjaar beskore gaan wees al dan nie.

“Ons as ouers se hande is afgekap,” het 'n ouer aan Republikein gesê.

“Almal neem besluite namens hulle (die leerlinge) oor hul lewens en toekoms sonder dat hulle geken word,” het sy gesê.

Volgens haar kan ouers en ­leerlinge nie verstaan waarom leerlinge wat reeds vier maande by die huis is, weer oor Desember en Januarie sewe weke vakansie met opsie een van vier kwartale het nie.

“My kind wil klaarkry en wil nie volgende jaar weer terug skool toe nie. Sy het klaar toelating by 'n universiteit in Suid-Afrika gekry.”

Intussen is 'n aanlyn versoekskrif op change.org onder die vaandel Motion for schools to open earlier for grade 11's and 12's in Namibia begin. Teen druktyd het duisende dit reeds onder­steun.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12%