Goue trofees wag op kompeterende skole
Goue trofees wag op kompeterende skole

Goue trofees wag op kompeterende skole

Sewesrugby, ses-aan-'n-kant sokker en netbal is die drie sportkodes.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - 'n Komende sportreeks in drie verskillende sportkodes behoort gedurende 2019 vir heelwat opwinding by die deelnemende skole oral in die land te sorg.

Die Namibiese hoenderverspreider Namib Poultry, in samewerking met Gravity wat in sportdrag en voedselaanvullings handel dryf, is die borge van die Gravity Cup. Namib Poultry het reeds 'n belegging van N$520 000 in die komende reeks opsy gesit.

Sewesrugby, ses-aan-'n-kant sokker asook netbal is die drie sportkodes waarin skole hul spanne kan inskryf. Die kompetisie is in een ouderdomsgroep vir laerskole (onder 13), asook vir o.15's en o.17's.

Trofeë staan vir die kampioenskool in elke sportkode op die spel – asook die algehele wenskool wat die meeste punte versamel.

Vir belangstellende skole is die koste van inskrywings N$9 500 per span per jaar. Indien 'n borg aan 'n span gekoppel is, kan dié se kenteken op die speeluitrusting aangebring word.

Ná inskrywing sal deelnemende spanne speeldrag ontvang waarop hul skoolwapen op die bors en hul borg se kenteken op die bors of arm geborduur kan word. 'n Stel uitrusting vir weg van die speelveld word ook aan spelers en afrigters oorhandig.

Die puntestelsel vir betrokke sportkodes word soos volg opgesom:

Sewesrugby: Vier punte vir 'n wedstryd gewen, twee vir gelykop of een vir opdaag. 'n Bonuspunt word verdien deur vier drieë of meer in

'n wedstryd te druk, ongeag die uitslag.

Netbal: Vier punte vir 'n wedstryd gewen, twee vir gelykop of een vir opdaag. Bonuspunte is op die spel vir tien doele of meer (o.13), 20 doele of meer (o.15) of 30-plus doele (o.17) per wedstryd, ongeag die uitslag.

Vyf-aan-'n-kant sokker: Vier punte vir 'n wedstryd gewen, twee vir gelykop of een vir opdaag. Een bonuspunt vir drie doele of meer per wedstryd, ongeag die uitslag.

Op 'n glyskaal verdien die kampioenspan in elke ouderdomsgroep 22 punte vir die skool, die naaswenners 19 punte, die bronswenners 17, vierde plek 15, ensovoorts.

Kontantpryse staan op die spel vir die nege kampioenspanne (drie sportkodes, drie ouderdomsgroepe). Dit is afgesien van die algehele wenskool se beloning van N$32 000. Namib Poultry het reeds N$80 000 vir prysgeld ingestoot, met onderhandelinge met bykomende borge wat glo reeds ver gevorder het.

Regstreekse videostroom vir die meeste van die wedstryde word beplan danksy samewerking met onder meer Teevee Africa en sy YouTube-kanaal, wat verdere waardevolle blootstelling vir presterende skole en spelers kan gee.

Die Gravity Cup se eerste ronde wedstryde is bestem om tussen 31 Januarie en 2 Februarie 2019 in Windhoek gespeel te word. Afsonderlike geleenthede sal dan volg vir die noorde, kusstreek en suide/ooste (een in Februarie, twee in September) voor die vyfde en finale naweek in Windhoek (9 tot 12 Oktober 2019).

Organiseerders van die Gravity Cup nooi belangstellende skole, veral in die genoemde streke, om voorleggings in te dien van hul skool se fasiliteite en kapasiteit om van die toernooie aan te bied.

Vir navrae oor die Namib Poultry Gravity Cup-reeks, kontak gerus vir Gravity Sportswear & Nutrition by [email protected] of [email protected]. Ander platforms is hul Facebook-blad, die webblad https://gravity.com.na, deur hul “hybrid app” af te laai of hulle op 081 320 1611 te skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!