Goue stem van Lüderitz
Tanja Bause – Christo Biewenga of ChrisB van Lüderitz beplan om vroeg volgende jaar sy derde CD vry te stel.
Christo is in ’n musikale familie in Suid-Afrika gebore en het onder meer in die Drakensbergse Seunskoor gesing. Een van die verskeie hoogtepunte in sy loopbaan was in 2007 toe saam met die koor by die Huisgenoot Skouspel gesing het waar hy ook ’n solo-uitvoering gelewer het.
In 2010 het Christo by sy familie op Lüderitz aangesluit waar die meeste van sy liedjies ook geskryf is. Vier jaar later het hy sy eerste solo-album vrygestel.
“Ek het meeste van die liedjies op die album self geskryf. Ek sing popbalades en gospel,” het hy gesê.
Sy volgende album is in 2016 uitgereik.
Vroeër vanjaar het die bekende Namibiese kunstenaar Lize Ehlers hom gekontak en hom as Song Night-ambassadeur vir 2018 aangewys.
“Vir die nuwe album het ek vier nuwe snitte opgeneem wat heeltemal anders is as die ander twee albums. Al vier dié snitte kan gratis by namibiamusic.com afgelaai word,” het hy gesê.
Christo het ook sy eerste video vir een van dié vier snitte, “Song for my city”, opgeneem wat op YouTube gesien kan word. “Ek en Lize het ook die ‘Timeless favorites’-konsert in Windhoek gehou waar hulle die liedjie ‘Liefde sonder grense’ opgevoer het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie