Goue jaar vir Namibiese filmbedryf

Die lof wat plaaslike produksies die afgelope tyd internasionaal ingeoes het, spreek volgens Caillin Basson nie net van die talent in Namibië nie, maar ook van die veerkragtigheid van diegene wat oor dié talent beskik.
Yandi Du Plessis
Die jaar 2021 was ongetwyfeld 'n goeie een vir die Namibiese filmbedryf, meen Caillin Basson, die voorsitter van die Filmmakersvereniging van Namibië (FAN) en 'n raadslid van die Namibiese Filmkommissie (NFC).

“Midde die Covid-19-pandemie en gepaardgaande regulasies se verwoestende impak op talle bedrywe, het die plaaslike filmbedryf hom daarvoor beywer om diverse Namibiese kreatiewe talent en veerkragtigheid deur sy veelsydigheid te demonstreer om uiteindelik oor uitdagings te seëvier en nie net te oorleef nie, maar te floreer.”

Die lof wat plaaslike produksies die afgelope tyd internasionaal ingeoes het, spreek volgens Basson nie net van die talent in Namibië nie, maar ook van die veerkragtigheid van diegene wat oor dié talent beskik.

Dié lof dien nie net as bewys van die impak wat films en gelyksoortige produksies kan hê nie, maar van die ver­skeie moontlikhede wat ná die pandemie voorlê, “nog meer wanneer ons beweeg na die formele erkenning van kulturele en kreatiewe bedrywe en hul bydrae tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP), die uitwissing van werkloosheid, die plaaslike vaardigheidsvlak en die bemarking van Namibië as 'n aantreklike film- én reisbestemming.

“Die rolprentbedryf is verreikend.

“Die rolprentbedryf vereis samewerking van en het 'n finansiële impak op vele ander sektore, insluitend toerisme en gasvryheid,” sê Basson.

Volgens die NFC vaar Namibiese produksies al jare lank besonder goed op die internasionale rolprentfeestoneel. Dis dus nie 'n nuwe verskynsel nie. Hierdie gebeure het egter glo almal in isolasie plaasgevind en het as sodanig nie soveel plaaslike erkenning soos nou gekry nie.

“Oor die laaste jaar of wat het die plaaslike filmbedryf heelwat momentum opgebou. Hierdie momentum is verder aangevuur deur ons produksies se internasionale erkenning vanjaar.

“Wat 2021 besonder spesiaal maak, is die hoeveelheid produksies wat verskeie toekennings gewen het en menigte benoemings ontvang het. Hierbenewens het plaaslike produksies wonderlike blootstelling ontvang, met die kortfilm Baxu and the Giants wat die eerste Namibiese produksie was om op die stromingsreus Netflix te verskyn; #LANDoftheBRAVEfilm wat op Showmax gestroom is en The White Line op Box Office.”

Die vorming en goedkeuring van die Namibia International Feature Film Awards-keurkomitee is volgens die NFC 'n belangrike stap vorentoe vir die bedryf, aangesien dit die standaard van Namibiese produkte opstoot om op 'n internasionale vlak te kan meeding.

Volgens Basson is die NFC “verheug” om twee onafhanklike Namibiese inskrywings te sien wat vir Oscar-benoemings oorweeg word.

“Die Filmkommissie is gestig om rolprentontwikkeling in Namibië te ondersteun, aan te moedig en te bevorder. Ons het dit na die beste van ons vermoë gedoen en binne die grense van ons toegekende begroting. Wat ons só bly is om te sien, is die proaktiwiteit wat ons plaaslike filmmakers getoon het en die afnemende finansiële afhanklikheid van die kommissie alleen.

“Ja, The White Line word as 'n onafhank­like inskrywing by die Oscars en Golden Globes oorweeg, maar hou in gedagte dat die NFC ook die produksie ten bedrae van N$1,3 miljoen gefinansier het, so ons is opgewonde hieroor. Die span het sedertdien soveel as moontlik gedoen om hul film te bemark en aan die verskillende toekenningsentiteite voor te lê.

“Om twee Namibiese rolprente (die ander rolprent is Invisibles – Kaunapawa) in die wedloop te hê in die eerste jaar van Namibië met sy eie Oscars-keurkomitee, spreek van ons veerkragtigheid en vordering wat gemaak is met die formalisering van die bedryf.”

Die NFC is ook opgewonde oor die moont­likheid om 'n amptelike Namibiese in­skrywing by die toekomstige Oscars te hê.

“Ons waarneming is dat die bedryf en sy rolspelers wegbeweeg van 'n geïsoleerde benadering en na 'n meer samewerkende, ondersteunende en ontwikkelingsgerigte benadering beweeg. Ons hoop om uit vanjaar se kandidate te leer hoe om toekomstige inskrywings te verbeter en 'n ware nasionale identiteit te skep en uit te beeld.”

Met die einde van die jaar in sig, kyk ons terug na die Namibiese rolprente wat in Afrika en op internasionale platforms erken of bekroon is.

HAIRAREB

Regie deur Oshoveli Shipoh

Verwerking van 'n verhaal deur August Bikeur

Draaiboek deur Aina Kwedhi

Vervaardig deur Dantagos Jimmy-Melani en Ellen Ernst



Benoemings en toekennings:

• Sewe benoemings en drie toekennings vir beste narratiewe film, beste akteur en beste regisseur by die 2019 Namibiese Teater- en Filmtoekennings.

• Benoem vir Dikalo-toekennings in vyf kategorieë, naamlik beste fiksierolprent, beste akteur, beste aktrise, spesiale erkenning vir speelfiksie van die seleksiepaneel en die Nord Sud Development Association se Dikalo Peace Award.

• Dikalo-toekenning vir beste aktrise vir Hazel Hinda.

• Wenner in die toekenningskategorie “spesiale erkenning vir speelfiksie van die seleksiepaneel” by die Dikalo-toekennings.

• Benoem vir sewe toekennings by die Africa Movie Academy Awards – ofte wel die AMAA's – in die kategorieë beste rolprent, prestasie in klank, prestasie in draaiboek, beste regisseur (Oshoveli Shipoh), beste akteur in 'n hoofrol (wyle David Ndjavera), beste aktrise in 'n hoofrol (Claudine de Groot) en beste aktrise in 'n ondersteunende rol (Hazel Hinda).

• AMAA-toekenning vir Hazel Hinda vir beste aktrise in 'n ondersteunende rol.



Ander prestasies:

Hairareb het die eer gehad om by die openingseremonie van die rolprentfees by die Espace Miramar-uitvoeringsaal vertoon te word.

Deel van die amptelike seleksie by dié rolprentfeeste:

• Festival International du Film Pan­Africain de Cannes (2021)

• Europese Filmfees in Namibië (2019)

• Durban Internasionale Filmfees (2021)

• London Lift-Off Film Festival (2021)

• African Diaspora International Film Festival in New York (2021)



KAPANA

Geregisseer en vervaardig deur Phillipe Talavera

Geskryf deur Senga Brockerhoff en Mikiros Garoes



Toekennings:

• Beste narratiewe speelfilm by die 2021 African Diaspora Cinema Festival in Italië.

• Beste speelfilm by die 2021 Black Star International Film Festival in Ghana.

• Beste narratiewe speelfilm by die 2021 DC Black Film Festival in Amerika (VSA).

• Beste Internasionale Speelfilm by die 2021 PRIDE Queer Film Festival in Australië.

• Beste regisseur by die 2021 North East International Film Festival in die Verenigde Koninkryk (VK).

• Wenner van die Kim Renders Memorial-toekenning vir Adriano Visagie by die 2021 Reelout Queer Film Festival in Kanada.

• Naaswenner van die gehoortoekenning vir beste internasionale film by die 2020 Out-On-Film-rolprentfees in die VSA.



Spesiale vermeldings:

• Scream Queer Film Festival in Italië (2021)

• Black & Diversity Film Festival in Kanada (2021)

• Inside Nollywood International Film Festival in Nigerië (2021)

• Finalis by die 2021 Caafa International Film Festival in Nigerië



Algeheel:

Die fliek is vir verskeie toekennings benoem en is by meer as 40 rolprentfeeste vertoon.



THE WHITE LINE

Regie deur Desiree Kahikopo-Meiffrett

Geskryf deur Micheal Pulse

Vervaardig deur Desiree Kahikopo-Meiffret, Girley Jazama, Micheal Pulse, Fetteroff Colen en Prudence Kolong



Die rolprent was deel van die amptelike seleksie by die volgende feeste:

• Durban Internasionale Filmfees (2019)

• Joburg Film Festival (2019)

• Rwanda Film Festival (2019)

• Hilton Arts Festival (2019)

• Africa Venezuela Film Festival (2019)

• New York African Diaspora International Film Festival (2019)

• Nambiese Teater- en Filmtoekennings (2019)

• New African Film Festival in Washington DC, VSA (2020)

• Luxor African Film Festival in Egipte (2020)

• Vision d'Afrique in Frankryk (2020)

• Ella son Cine in Madrid, Spanje (2020)

• Africlap African Film Festival in Toulouse, Frankryk (2020)

• German-Namibian Society in Frankfurt, Duitsland (2020)

• Quibdó Africa Film Festival in Pointe-Noire in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Colombië (2021)

• Pan-African Film and Television Festival of Ouagadougou (Fespaco) in Burkina Faso (2021)

• Asian World Film Festival (2021)

• Africa International Film Festival (2021)

• Garden Route International Film Festival (2021)



Benoemings:

• Beste speelfilm deur 'n vrou van kleur vir Desiree Kahikopo-Meiffret by die 2019 New York African Diaspora International Film Festival.

• Beste aktrise in 'n hoofrol vir Girley Jazama; beste draaiboek vir Micheal Pulse; beste rolprent in 'n buitelandse taal; beste eerste rolprent vir 'n regisseur vir Desiree Kahikopo-Meiffret en beste prestasie in kostuum-ontwerp vir Dawn Diergaardt by die 2020 AMAA's.

• Beste produksie-ontwerp vir Lara-Lyn Ahrens; beste redigering vir Renier de Bruyn; beste aktrise vir Girley Jazama; beste akteur vir Jan-Barend Scheepers en beste narratiewe rolprent by die 2019 Namibiese Teater- en Filmtoekennings.



Toekennings:

• Beste aktrise in 'n hoofrol vir Girley Jazama en beste akteur in 'n ondersteunende rol vir Mervin Uahupirapi by die 2021 Garden Route International Film Festival.

• Kilimanjaro-toekenning vir beste fiktiewe speelfilm by die 2020 Africlap Film Festival in Toulouse.

• Beste draaiboek vir Micheal Pulse; beste nuwe regisseur vir Desiree Kahikopo-Meiffret en Audience Choice Award by die 2019 Namibiese Teater- en Filmtoekennings.

• Beste speelfilm en beste kinematograaf vir Laurent Hessemans by die 2019 African Emerging Filmmakers Awards.

• Beste aktrise van Suider-Afrika en die Sotigui D'Or-toekenning vir Girley Jazama by die 2020 Sotigui Awards in Burkina Faso.

• Spesiale vermelding vir regie van die seleksiepaneel by die 2020 Luxor African Film Festival.

• As 'n onafhanklike inskrywing is die rolprent tans in oorweging om benoem te word by die 2022 Oscars en Golden Globe-toekennings.



WALKING FORWARD

Geskep deur David Benade, Tim Huebschle en Ndimonholo Ndilula



Toekennings:

• Beste internasionale webreeks by die 2021 Urban Mediamakers Festival in Atlanta, VSA.

• Beste webreeks en beste boodskap by die 2021 Top Indie Film Awards in Tokio, Japan.

• Beste eerste episode in 'n webreeks by die 2021 Only the Best Film Awards in Miami, VSA.

• Spesiale vermelding by die 2021 Lima Web Festival in Peru.



Benoemings:

• Beste internasionale webreeks by die 2021 Gold Coast Film Festival in Australië.

• Beste episode by die 2021 New Media Film Festival in Los Angeles.

• Beste redigering en skryfwerk by die 2021 Top Indie Film Awards in Tokio.

• Beste webreeks by die 2021 Aphrodite Film Awards in New York.



Deel van amptelike seleksie:

• American Black Film Festival in Los Angeles en Miami (2021)

• Valley Film Festival in Los Angeles (2021)

• South African Indie Film Festival in Johannesburg (2021)

• The Lift-Off Sessions in Londen, Engeland (2021)

• Piton International Film Festival in Philadelphia, VSA (2021)

• Chicago International Reel Shorts Film Festival (2021)

• BeBop Channel Web Series Festival in New York (2021)



#LANDOFTHEBRAVEFILM

Regie deur Tim Huebschle

Geskryf deur Tim Huebschle

Vervaardig deur David Benade



Toekennings:

• Beste narratiewe speelfilm by die 2020 Silicon Valley African Film Festival

• Beste internasionale rolprent by die 2021 Uganda Film Festival

• Beste Afrika-rolprent by die 2021 African International Horror Film Festival in Lagos, Nigerië

• Beste aktrise in 'n hoofrol vir Elize de Wee by die 2021 Festival International du Film Africain de Paris (internasionale Afrika-filmfees in Parys)

• Beste Suider-Afrikaanse akteur vir Armas Shivute by die 2021 Académie des Sotigui-toekennings in Burkina Faso

• Beste rolprent, beste draaiboek en beste regisseur by die 2021 Neo-South ­Independent Film Festival in Maleisië



Benoemings:

Beste drama-speelfilm en beste draaiboek by die 2020 Genre Celebration Festival in Tokio



Deel van amptelike seleksie:

• Vues d'Afrique in Montreal (2021)

• Pan-African Film Festival in Los Angeles (2021)

• Fespaco in Burkina Faso (2021)

• Afrikamera in Berlin (2021)

• Toronto Black Film Festival (2021)

• AFI African New Film Festival in Washington DC (2021)

• Moscow DetectiveFEST in Rusland (2021)

• Los Angeles Crime & Horror Film Festival (2021)

• 1261 Film Festival in Grenada (2021)

• Yarha Festival in Senegal (2021)

• Greater Cleveland Urban Film Festival (2021)

• FICKIN International Film Festival in Kinshasa, DRK (2021)

• Toronto International Nollywood Film Festival (2021)

• Cinema of Nations in Duitsland (2021)

• New York African Diaspora International Film Festival (2021)

• Festival de Films de la Diaspora Africaine (FIFDA) in Parys (2021)

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.14/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.02% | Platinum US$ 914.69/OZ UP +1.39% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.14/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.02% | Platinum US$ 914.69/OZ UP +1.39%