‘Goue gonsers’ verower die kus

Die jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees was ’n fees der feeste.
Leandrea Louw
Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees.

Dit was inderdaad ’n fees der feeste. Die tema was “Jy is ‘n juweel”. Die twee dae lange fees het Donderdagmiddag afgeskop en is Vrydagaand met ’n galadinee afgesluit.

Die beste optredes het ‘n golden buzzer gekry waartydens hulle die geleentheid gehad het om by die dinee op te tree.

Bianca Nel, Dean White en Jonathan Ulrich van Privaatskool Swakopmund (PSS) het gaste met hul sangstuk “On the other side of the world” meegevoer.

Janru Smit van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) asook Philip Nolte van WBPHS het die gaste met “Mazurka” en “Allegro” op die klavier vermaak.

Lumé Janse van Rensburg en Anke de Bruyn van WAP het ’n hip-hop-dansitem gelewer, terwyl Britney Botha van WBPHS en Rebbeca Faul van WAP kontemporêre danse opgevoer het.

Meghan van Rooyen van WAP het ‘n gedramatiseerde voordrag van “Die Koningin” gedoen.

Elmi McCarthy van WBPHS en Ruda Schoeman van Privaatskool Elnatan het almal laat skaterlag met hul onderskeie monoloë, “Die dag toe ek amper verdrink het” en “I kissed a boy once”.

Lara Nika Pretorius van Privaatskool Moria het musieklegende Frank Sinatra se “Fly me to the moon” gesing, en Daniel Allen van WBPHS die klassieke Broadway-liedjie “Don’t rain on my parade”.

JanWillem van Zyl van Privaatskool Moria het ’n ander smaak na die geleentheid gebring met sy beatbox medley.

Meer as ‘n duisend leerlinge van 15 skole het aan voordrag-, dans-, kuns-, sang-, instrumentele en drama-items deelgeneem.

Die onderskeie skole is Laerskool Walvisbaai, Pro-Ed Akademie, Privaatskool Swakopmund, The Dolphin Schools, International School of Walvis Bay, Berg-Op Akademie, Tsumeb Gimnasium, Gobabis Gimnasium, Privaatskool Elnatan, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Keetmanshoop Privaatskool, Edugate Akademie, Privaatskool Moria en Grootfontein Agri College.

Gedurende die fees het Tsumeb Gimnasium ‘n brugboukompetitise gehou. Die wenners was Corben Smith, David Prinsloo en Louis Burger van Moria Privaatskool (goud), John Faul, Dylan Ingram en CP van Wyk van WBPHS (silwer), asook DJ Holtzhausen, Ivan Van Wyk en Niel Holtzhausen van Privaatskool Moria (brons). Esmare Kitching van WAP was die wenner van die wetenskapuitstalling.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!