Goudprys van US$1 310 vir 2018 voorspel
Goudprys van US$1 310 vir 2018 voorspel

Goudprys van US$1 310 vir 2018 voorspel

Daar is beleggers wat sê hulle gaan in 2018 goud ondersteun, maar hulle verwag nie vuurwerke nie.

Daar word nie verwag dat die goudprys drasties gaan styg nie.

Dit is ondanks die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) wat sy monetêre beleid verskerp het en die Europese sentrale bank wat minder effekte koop, sê Bart Melek, hoof vir hulpbronstrategie by TD Securities in Toronto, Kanada.

Hy voorspel goud sal gemiddeld teen US$1 313 per fynons in 2018 verhandel. Dit is sowat 4% hoër as vanjaar se gemiddelde prys.

“Ons verwag nie enige groot skokke van die Fed oor rentekoerse nie,” sê Melek.

“Volgens historiese standaarde is rentekoerse nog steeds baie laag. Dit laat redelik min geleentheid vir bates soos goud – wat nie rente verdien nie – om te groei.

Die goudprys het vanjaar met 10% gestyg maar bly sedert einde September redelik stabiel.

Onverwagte politieke gebeure kan egter die goudprys skielik laat styg.

James Steel, ontleder by HSBC Securities, sê ook die goudprys gaan teen gemiddeld US$1 310 per fynons in 2018 verhandel.

Goud het gisteroggend vroeg teen US$1 265,33 per fynons verhandel.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!