'Goud is goed' maar uraan sukkel

09 January 2017 | Ekonomie
Elvira Wood - Goud mag dalk 'n wonderlike 2016 gehad het, maar dit is nie die geval vir uraan nie.

Bloomberg berig uraan was die hulpbron wat nie net verlede jaar die swakste gevaar het nie, maar wat al die afgelope dekade agteruit boer.

Pryse het verlede jaar met 41% tot 'n twaalf jaar laagtepunt van $18 per pond in November geval, berig Ux Consulting, wat markdata saamstel.

Dit was die sewende daling die afgelope nege jaar.

Die opkoms van kernkrag is vertraag deur kragvoorsieners wat eerder goedkoper natuurlike gas vir nuwe kragopwekkers kies.

Ná die Fukushima-ramp in 2011 het groot uraan-kopers, wat Japan en Duitsland insluit, besluit om weens veiligheidsredes reaktors af te skakel of uit diens te stel.

“Dit is die wêreld se beste bate in die wêreld se swakste mark,” sê Leigh Curyer, uitvoerende hoof van NexGen Energy in Vancouver.

“Ek dink nie daar is 'n myn wat met die huidige pryse tans winsgewend is nie. Die huidige korttermynprys reflekteer nie die koste om 'n pond uraan te produseer nie.”

Volgens Bloomberg is die vooruitsig egter nie so mistroostig nie. Verliese dwing uraanmyne om produksie te verlaag of selfs te staak, wat mettertyd kan lei tot druk op voorraad, terwyl die versnellende pas om nuwe reaktors in China en Indië te bou, die aanvraag kan opstoot.

Volgens die Wêreldkernkragvereniging word daar tans meer as 60 reaktors wêreldwyd gebou.

Volgens Bloomberg beplan China om teen 2020 meer as 70% van sy krag met behulp van kernkrag op te wek, terwyl die Indiese regering hoop sy kapasiteit sal teen 2019 met 29% styg. Daar word tans sewe reaktors in Rusland gebou terwyl nege reaktors teen die einde van die jaar in Japan in werking sal tree.

Goud daarenteen, meen ontleders, is nou 'n goeie hulpbron om in te belê.

Die ontleders wat Bloomberg genader het, het nou die beste vooruitsig vir dié metaal sedert die einde van 2015.

Kommer oor politieke verwikkelinge in Europa en in Amerika ná die ver­kiesing van Donald Trump as president is van die redes vir hul positiewe uitkyk.

“Die euro-sone het in die volgende paar maande heelwat faktore wat 'n krisis kan veroorsaak. Indië en China koop steeds baie terwyl Trump se beleid inflasie bedreig,” sê Adrian Day, president van Adrian Day Asset Management in Annapolis in die deelstaat Maryland.

“Alles is goed vir goud.”

Die goudprys het vandeesweek met 2,7% gestyg. Dit het Vrydagoggend teen $1 176,70 per fynons verhandel. -Netwerk24

Soortgelyk

 

Jong rekrute voltooi militêre opleiding

31 minute gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die 15de groep studente wat militêre opleiding by die Osona Basis buite Okahandja ontvang het, het vanoggend (Vrydag) tydens 'n parade daar...

Susanna Hoff gevonnis

53 minute gelede | Howe

Jacqueline Louw - Die Windhoekse sakevrou Susanne Hoff wat op 23 Februarie skuldig bevind is aan poging tot moord op haar vermeende man, Egbert Hoff,...

Grootste Efundja nog op pad?

3 ure gelede | Omgewing

Die vloedtoestande in die noorde van die land is besig om “onrusbarende vlakke” te bereik en na verwagting sal groot waters vanaf Ondjiva die grens...

Psemas skuld N$500 miljoen

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die staat se mediese fonds, Psemas, se uitstaande skuld aan verskaffers van gesondheidsdienste in Namibië beloop reeds sowat N$500 miljoen. Dié bedrag...

Min tyd vir verandering

13 ure gelede | Ministeries

Estelle de Bruyn - Dit lyk of Namibiërs vanjaar steeds winter- en somertyd gaan hê.Toe die wetsontwerp op Namibiese tyd gister in die Nasionale Vergadering...

Lorrie beland in rivier

13 ure gelede | In beeld

‘n Suid-Afrikaanse vragmotor van Merchants Transport met twee sleepwaens het Woensdag omstreeks 02:00 van die Michaelisrivier-brug buite Windhoek af gery. Die pad, wat na die...

Groente vrot ná reën

13 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh Die gebiede naby Tsumeb, Grootfontein en Hochveld het tot die helfte van die totale seisoenale reën net in Februarie ontvang, wat groot skade...

Ammoniak-lekkasie: drie werkers ontslaan

13 ure gelede |

Elvira Hattingh - Drie Meatco-werknemers is gisteroggend uit die Lady Pohamba-hospitaal ontslaan nadat ’n ammoniak-gaslekkasie Woensdag by die fabriek in Windhoek ontstaan het. Een werknemer...

Hof knip Baster-kaptein se vlerke

13 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Die hoërhof het beslis dat die Baster-kaptein, John McNab, en die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) geen reg het om erwe in die...