Gort bly gaar oor plase
Gort bly gaar oor plase

Gort bly gaar oor plase

Die minister van grondhervorming loop onder fel kritiek deur omdat hy hervestigingsplase aan private maatskappye toeken.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Nudo-party het 'n beroep op pres. Hage Geingob gedoen om die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, “tot orde te roep” nadat hy op omstrede wyse nie plase toegeken het aan naburige gemeenskappe wat naarstiglik na grond soek nie, maar eerder aan private maatskappye.

Die party meen Geingob moet die toekenning van plase aan maatskappye kanselleer.

Nujoma het twee voormalige wildplase, Plaas Osema nr. 63 en Gusinde nr. 197 in die Otjozondjupastreek wat gesamentlik 9 128 hektaar beslaan, aan Ovitoto Game and Hunting Safaris (Pty) Ltd. toegeken. Dít ten spyte van die feit dat die Ovitoto kommunale bewaringsgebied met 'n lidmaatskap van sowat 10 000 mense om die plase aansoek gedoen het om die Ovitoto kommunale gebied uit te brei.

Elders word berig die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, asook die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het die toekenning van die wildplase aan Ovitoto Game and Hunting Safaris bevraagteken en voorgestel dit word eerder aan die gemeenskap van Ovitoto toegeken.

Die ministerie van grondhervorming het verlede Vrydag in 'n advertensie gesê die plase wat aan die staat behoort, is geadverteer sodat potensiële begunstigdes daarvoor kan aansoek doen. Volgens die advertensie was een vereiste vir oorweging 'n sakeplan wat “die aard van die plaas in ag neem”, gegewe daar 'n lodge en wild op is.



31 AANSOEKE

Die ministerie het gesê uit die 31 aansoeke wat ontvang is, het 14 sakeplanne gehad, terwyl aan 17 geen sakeplanne aangeheg was nie.

Aansoeke is deur 'n tegniese sub­komitee geëvalueer, wat bestaan het uit lede van die ministerie, die Ontwikkelingsbank van Namibië, Agribank en die Namibiese Toerismeraad (NTB). Negentien aansoeke het nie gekwalifiseer nie en twee is “op tegniese gronde” gediskwalifiseer. Een van die gediskwalifiseerde aansoeke was van die Ovitoto-bewaringsgebied.

Die grondministerie het gesê die bewaringsgebied “word wel deur die onderneming bevoordeel aangesien hulle aandeelhouers is” in Ovitoto Game and Hunting Safaris, wat 'n 99 jaar pag op die wildplase ontvang het.

Die permanente sekretaris van grondhervorming, mnr. Peter Amutenya, het gesê die aandeelhouers is individue in die Ovitoto-gemeenskap.

Die sekretaris-generaal van die Ovitoto-­bewaringsgebied, mnr. Eben Kauapirura, het gesê hulle het formeel beswaar teen die toekenning aangeteken. Hoewel hy nie seker was nie, het hy gesê daar is sprake dat die bewaringsgebied 7%-aandeelhouding in die safarimaatskappy sou ontvang. Hy het egter nie duidelikheid oor die beweerde reëling gegee nie.

Nóg 'n toedeling wat konsternasie veroorsaak, is die toekenning van Okongava nr. 72 in die Otjimbingwe-­omgewing aan 'n maatskappy genaamd !Huni-/Urib Investments, wat skynbaar beplan om litium op die 15 000 ha-plaas te ontgin.

Weens dié toekenning het 28 families van Otjimbingwe uitsettingsbevele ontvang, dít ten spyte daarvan dat die voormalige grondminister, mnr. Alpheus !Naruseb, in 2014 daarop gedui het dat plaasgrond gebruik sou word om die grens van die Otjimbingwe kommunale gebied uit te brei. Nujoma het blykbaar ook in Augustus 2015 gesê die plaas sou by Otjimbingwe ingelyf word.



nUJOMA 'ONBEVOEG'

Nudo het gesê hierdie toekennings behoort genoeg rede vir Geingob te wees om “te besef Nujoma is onbevoeg om die posisie te beklee”.

Nudo se woordvoerder, mnr. Joseph Kauandenge, het gesê in die toekoms sou Geingob se aksies 'n aanduiding wees of die president die “tande, morele oortuiging en bowenal die politieke stamina het” om die “onaantasbare” Nujoma tot orde te roep.

“Die grondkwessie is op die oomblik 'n emosionele een en baie Namibiërs is in só 'n toestand dat selfs die geringste uitlokking of vermeende marginalisering oor grond en hervestigingsplasing binne 'n sekonde die situasie kan ontsteek,” het Kauandenge gesê.

Hy meen Nujoma se aksies help nie om die situasie te bedwing nie en het bygevoeg dit is “hoog tyd dat die minister besef of selfs blatant gesê word sy aksies is aweregs, onlogies en ondeurdag tot die mate dat dit op onkunde van die heersende situasie in die land grens. Dit is uiters kommerwekkend dat 'n minister só onbewus is van die werklikheid op voetsoolvlak.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!