Goreangab Woensdag sonder water
Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad het vanoggend (Dinsdag) by monde van sy woordvoerder, mnr. Scheifert Shigwedha, aangekondig die Goreangab-woonbuurt gaan môre sonder water wees.
Volgens hom word die onderbreking teweeg gebring deur werksaamhede aan die watertoevoer tussen dié buurt en Havana wat môre onderneem sal word.
Shigwedha sê Goreangab-inwoners sal tussen 08:00 en 16:00 môre óf geen water hê nie óf lae druk ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie