Gordhan: Kom ons gee SAL nog jaar of twee

‘Privatisering nie op agenda’

15 March 2019 | Ekonomie
Lameez Omarjee – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is besig om aan se geldsake te werk.

Dit is volgens Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, wat Woensdag vrae in die parlement beantwoord het oor of strategiese ekwiteitsvennote vir sukkelende staatsondernemings gesoek moet word.

Narend Singh, IVP-LP, het Gordhan gevra om meer inligting te gee oor die vordering wat by die SAL gemaak word.

Gordhan het geantwoord dat die SAL nog ’n jaar of twee gegee moet word om te herstel.

“Finansieel gesproke, is daar aspekte wat verbeter,” sê Gordhan.

Hy sê sommige van die SAL se roetes is nou weer winsgewend.

Gordhan sê die toekoms van die SAL en ander staatsondernemings (SOE’s) sal bepaal word deur die volgende administrasie ná die verkiesing op 8 Mei.

Hy het daarop klem gelê dat die staat die beste belang van die land in ag moet neem wanneer besluite hieroor geneem word.

As dit miljoene rande gaan kos om van staatsbates ontslae te raak, of as ’n ekwiteitsvenoot nie waarde tot ’n SOE gaan toevoeg nie, dan is dit nie in die beste belang van die land nie, sê hy.

Hy stem saam met Tito Mboweni, minister van finansies, wat voorheen gesê het die staat moet die direksies van SOE’s monitor om te verseker hulle voldoen aan hul mandaat.

Hy sê die SAL kan ’n strategiese ekwiteitsvennoot kry nadat hy sy omkeerplan voltooi het en weer winsgewend en volhoubaar is.

Buiten om finansiële steun aan SOE’s te gee, kan ekwiteitsvennote ook dié ondernemings met nuwe tegnologie en beter bestuur ondersteun.

Gordhan sê ekwiteitsvennote sal op ’n geval-vir-geval-grondslag gewerf word.

Hy het dit duidelik gestel dat om ’n vennoot aan te stel, dit beslis nié beteken ’n SOE word geprivatiseer nie.

Hy sê ook die staat sal nie van strategiese bates ontslae raak ter wille van die welstand van die ekonomie en die mense van Suid-Afrika nie.

“Privatisering is nie op die agenda nie,” sê hy.– Fin24/Netwerk24

Soortgelyk

 

Boere se donkerste uur is N$400 vir veilingskoei

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - 'n Foto van 'n kwitansie wat toon 'n boer het gister (Donderdag 23 Mei) net N$400 vir 'n maer koei op Blaauwberg...

Air Namibia staak sy Wes-Afrika-roete

2 dae gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Van vandag af vlieg Air Namibia nie meer via Lagos in Nigerië na Accra in Ghana nie.Dié Wes-Afrikaanse roete is aan die...

Rusland moet help met droogte

2 dae gelede | Regering

Die regering het Rusland vir humanitêre droogtehulp gevra, het die Russiese nuusagentskap Sputnik berig.‘n Russiese afvaardiging onder leiding van die land se adjunkpremier, mnr. Joeri...

Interns se salarisse aangepas

2 dae gelede | Regering

Henriette Lamprecht – Die regering gaan miljoene spaar met die aanpassing van salarisskale vir interns en vakleerlinge om dit meer met dié van die private...

Betaal jou 2% of belasting styg

2 dae gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy en Denver Kisting - Sou die regering nie minstens ’n halfmiljard dollar uit vrywillige bydraes van werkers kry vir onder meer droogtehulp nie...

Meatco soek dalk nog slagplek

2 dae gelede |

Elvira Hattingh - Meatco oorweeg om bykomende slagplase in te span om die groot getal beeste, wat produsente tans lewer, te kan slag. Dit beteken...

Weer vir 24 Mei 2019

2 dae gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige toestande en buie word in die streke van Kunene, Otjozondjupa, Khomas, Hardap en ||Kharas verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met...

Kalender 17 Mei

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Vanaand is die immer gewilde Windhoek City Market weer aan die gang. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika....

Lugtyd vir jou liedjie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Michael Kayunde – Verskillende radiostasies het reëls oor die vereistes waaraan ‘n liedjie moet voldoen om deur ’n stasie gespeel te kan word. Kollig het...