Gooi jou kuns by diu00e9 ekspo
Gooi jou kuns by diu00e9 ekspo

Gooi jou kuns by dié ekspo

Lloyd Zandberg
Oor bietjie minder as twee weke vind Inspirasie Tafels amptelik plaas.

Die opwinding vir hierdie jaarlikse leefstyl-ekpso is groot en is deel van menige gesprek om die etenstafel.

Kollig het met die stigters van en meesterbreine agter hierdie projek gesels om te hoor hoe dit met die finale reëlings gaan.

“Ons stalletjies is nou amptelik tjok en blok vol!” het Ronel van Wyk gesê.

Sy tree tans as skakelbeampte en finansiële klerk vir die ekspo op.

“Afgesien van die internasionale kunstenaars wat kom kuier, is ek baie opgewonde oor Jamie-Lee se Something Artsy. Sy beplan ’n splash wall-area waar jy jou kunswerk met verf kan gooi. En dan hou sy art battles waar verskillende kunstenaars teen mekaar meeding. Dan het sy stukke soos voorskote, gipsbeeldjies en nog meer wat jy self kan verf,” sê Ronel.

‘n Projek wat vanjaar vir die eerste keer sy verskyning by die ekspo gaan maak, is die “Bloggers’ Hang”.

Dit klink uiteraard na iets wat op die jeug gemik is, maar dis nie noodwendig so nie.

“Ek is baie opgewonde oor die konsep. Ek is ook op my senuwees, aangesien dit ’n eerste vir ons is. Jy kan kom luister en vrae vra en jou opinie lug en saam gesels sonder dat dit ’n stywe atmosfeer het.”

Ronel sê dit laat haar aan ‘n geselligheid om ’n kombuistafel dink.

Verlede jaar was die langtafel een van die ekspo se hoogtepunte. Die meesterbreine agter die ekspo kon nie anders as om hierdie treffer weer deel van die verrigtinge te maak nie.

Hoewel die konsep nog dieselfde is, het hulle wel ’n bietjie aan die praktiese askpekte verander en dit nóg aanlokliker gemaak.

“Die langtafel kry vanjaar sy eie plekkie. Breed genoeg om gemaklik om te kan beweeg en omsingel met spys en drank. Ons is geweldig opgewonde daaroor. Ek kan sommer al sien hoe sit en kuier vriende onder die liggies en sterrehemel met lekker kos en bederfdrankies,” sê Ronel.

Inspirasie Tafels is ’n hoogtepunt op Namibië se vermaakkalender en vind van 30 Augustus tot 1 September by Windhoek se skougronde plaas.

Kaartjies is by webtickets.com.na/events beskikbaar.

Vir meer inligting, besoek hul Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!