Google: Dit ‘werk’ om van oral af te werk
Elvira Wood – Werk jy dikwels van die huis af of ver van die kantoor af? Of sou jy dit graag wou doen?
Maar is dit regtig ’n goeie idee om nie elke dag kantoor toe te gaan nie?
Die internetreus Google het onlangs die resultate bekend gestel van ’n studie wat hy twee jaar lank hieroor gedoen het. En as daar nou een maatskappy is wat eerstehandse kennis het van werknemers wat oral werk, dan is dit juis Google.
Sowat 30% van die vergaderings wat Google hou, strek reeds oor ten minste meer as twee tydsones. Die verslag wys verder dat minstens 39% van vergaderings wat Google hou, deur werknemers in meer as twee stede “bygewoon word”.
Die Working Together When We’re Not Together-verslag toon dat die produktiwiteit en doeltreffendheid van ’n maatskappy in die algemeen glad nie beïnvloed word deur of werknemers op kantoor is of van iewers anders af werk nie. Die maatskappy het egter vyf wenke vir maatskappye wat wel hul werknemers wil toelaat om van enige plek af te werk.
1. Spanne
Wanneer lede van ’n span nie almal in dieselfde kantoor werk nie, is dit belangrik dat hulle steeds daardie gevoel van spangees handhaaf.
Google se navorsing wys dat spanlede wat in dieselfde kantoor werk, dikwels ook buite werksverband sosialiseer. Dit help hulle om krisisse wat by die werk opduik beter te hanteer.
Spanne wat oor ’n afstand werk, moet dus moeite doen om seker te maak almal voel steeds asof hulle deel is van die span en dat hulle nie te veel van mekaar vervreem word nie.
2. Erkenning
Erkenning moet voor al die spanlede aan mekaar gegee word waar hulle dit kan sien. Dit help om spangees te bou.
Videokonferensies is ’n goeie manier om seker te maak al die lede kan mekaar sien en aktief aan vergaderings en gesprekke deelneem. Erkenning kan hier aan lede gegee word vir werk wat gedoen is.
3. Balans
Werknemers moet aangemoedig word om ’n goeie balans tussen werk en hul private lewe te handhaaf.
Dit geld veral waar spanlede in verskillende tydsones werk. Dié werknemers moet dikwels óf baie vroeg óf baie laat werk waar hulle is, om ’n projek saam met hul kollegas af te handel.
Ongereelde ure moet in ag geneem word, anders gaan werkers vinnig voel hulle brand hulself uit net sodat bestuur by hoofkantoor kan sien hulle werk wel.
4. Kommunikasie
Spanne moet toegelaat word om hul eie manier te ontwikkel hoe hulle met mekaar kommunikeer.
In Google se geval word spanne veral aangemoedig om dit te doen. Dit gaan dus nie oor die maatskappy se beleid nie, maar oor hoe daar op die doeltreffendste manier met mekaar gekommunikeer kan word.
5. Uitdagings
Erken dat daar altyd uitdagings gaan wees as ’n span nie almal in dieselfde kantoor sit en saamwerk nie.
Deur voor die tyd moontlike uitdagings te identifiseer en ’n plan te beraam vir hoe om dit te oorkom, sal dit die virtuele werkplek vir alle werknemers meer aangenaam maak, of hulle nou op kantoor sit of nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie