Gondwana verwelkom Camp Chobe
Francoise Steynberg - Camp Chobe, ’n natuurjuweel, is van 1 Maart af nou ook deel van die Gondwana-familie.
"Ons handig Camp Chobe met 'n hartseer én verligte hart aan Gondwana oor," het die kamp se voormalige eienaar, mnr. Johan Liebenberg, gesê.
"Ons het Camp Chobe met ons eie hande gebou en is hartseer om dit te laat gaan. Ons weet egter dat Gondwana ons liefde vir die natuur, asook ons toewyding aan volhoubaarheid en maatskaplike verantwoordelikheid teenoor die plaaslike gemeenskappe, deel."
Camp Chobe het in 2012 oopgemaak en is in die Salambala kommunale bewaringsgebied geleë.
Dit is 'n ekovriendelike lodge wat sonkrag gebruik en by die omgewing inpas.
Die lodge het 20 tent-chalets met en suite-badkamers, 'n restaurant, kroeg en soewenierwinkel. Daar's ook 'n swembad met 'n asemrowende uitsig op die majestueuse Choberiver, groot olifantfamilies wat swem, en wilde diere wat in die vloedvlakte wei.
Vir voëlliefhebbers is dit ’n paradys, met 400 spesies wat by die lodge te siene is.
Die kampeerterrein het ses kampplekke wat elk tot 10 mense kan huisves, met private ablusiegeriewe.
Camp Chobe se ligging is uitstekend.
Dis langs die Botswana-grens en is net 'n paar kilometer van die Ngoma-grenspos af.
Dit vorm die poort na die wêreldbekende Chobe Nasionale Park in Botswana, wat beskik oor die grootste konsentrasie olifante in Afrika.
Die Victoria-watervalle is slegs 150 km van Camp Chobe af - naby genoeg vir 'n daguitstappie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie