Gondwana twee lodges ryker
Gondwana Collection Namibia het twee lodges in die Noordweste om by hul versameling te voeg.
Die Palmwag Lodge met sy groot konsessie was nog altyd ’n gewilde vakansiebestemming in die Kunenestreek. Die Omarunga Lodge lê op die oewers van die Kunenerivier naby die Epupa-valle.
Me. Birgit en mnr. Fritz Schenk, die onderskeie eienaars van die lodges, sê hulle het die lodges weens persoonlike redes verkoop.
“Ons het baie in die twee lodges belê, en ook in die omliggende gemeenskappe en in natuurbewaring as deel van ons volhoubaarheidskonsep. Dit is vir ons ’n voorreg om beide lodges aan Gondwana te oorhandig, omdat hulle ’n soortgelyke sakefilosofie het,” sê die Schenks.
Volgens mnr. Gys Joubert, Gondwana se uitvoerende hoof, is dié transaksie ’n belegging in gemeenskapsgebaseerde toerisme in Namibië.
“Ons sien uit daarna om ons rol in bewaring te speel en om toerismevoordele nader aan die mense op voetsoolvlak te bring deur nou met die Torra-, Anabeb- en Sesfontein-bewaringsgebiede by Palmwag en die Epupa-bewaringsgebied by Epupa saam te werk. By Gondwana glo ons toerisme is nie op die lange duur volhoubaar tensy dit ten volle inklusief is nie,” sê hy.
Gondwana Collection Namibia sal alle verpligtinge en besprekings nakom wat deur Palmwag en Omarunga aanvaar is.
Bepalings en voorwaardes voor die verkoop sal tot 31 Oktober vanjaar geld.
Gondwana se bepalings en voorwaardes sal op 1 November in werking tree.
Palmwag en Omarunga se vorige besprekingsprosedures bly tot 30 April vanjaar geldig.
Van 1 Mei af kan besprekings deur die Gondwana Web Store of by [email protected] gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie