Gondwana sny ook salarisse
Gondwana sny ook salarisse

Gondwana sny ook salarisse

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Nóg ’n gróót Namibiese toerismemaatskappy kon nie die aanslae van die Covid-storm weerstaan nie en moet salarisse sny.

Volgens die uitvoerende hoof van Gondwana Collection Namibia, mnr. Gys Joubert, is die vier uitvoerende direkteure se salarisse vanaf September met 40% gesny en al die ander werknemers sal vanaf Oktober ’n salarisbesnoeiing van 25% hê.

“Ons het die afgelope ses maande tydens die Covid-19-storm meer as 95% van ons inkomste verloor en ons gaan voort om elke maand miljoene te verloor. Ons kan nie so voortgaan nie,” het Joubert in ’n brief Dinsdag aan werknemers gesê. Die brief is Woensdag deur die handelsmerkbestuurder aan Republikein gestuur.

Joubert sê die fokus bly om Gondwana en werksgeleenthede te beskerm, maar hulle het ’n punt bereik waar Gondwana nie meer ’n ander keuse het as om basiese salarisse te sny nie.

“As Gondwana ineenstort, sal 1 100 werknemers met al hul afhanklikes hul lewensbestaan verloor. Ons gemeenskappe sal hul gesamentlike vennootskappe verloor, ons diensverskaffers ’n gewaardeerde kliënt en die wêreld ’n uitstekende maatskappy. Ons moet ons geliefde maatskappy, Gondwana, so goed as moontlik beskerm.”

Een van die terugslae volgens Joubert wat Gondwana in die pandemietyd beleef het, is dat hulle geen sent van die N$9,2 miljoen van hul VAT-eise ontvang het nie.

Hy sê geen sent is ook van die regering vir die beskerming van werksgeleenthede ontvang nie en Gondwana se eis in April teen hul versekeringsmaatskappy, Hollard, is nog nie aanvaar óf afgekeur nie

“Ons het ons beste twee weke vir besprekings (sedert die hoktyd in Maart) oor die Augustus-vakansietyd verloor weens Windhoek se grendeltyd,” het Joubert gesê.

Hy sê as die grense met praktiese en toerisme-vriendelike protokol oopmaak en daar ’n aanvraag vir reis na Namibië is, sal die salarisbesnoeiing net vir ’n paar maande duur, “maar vir nou moet ons verseker dat ons Gondwana en al sy belanghebbendes beskerm”.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!