Gondwana se saak 'nie dringend'

14 April 2021 | Howe
Francoise Steynberg – Hoërhofregter Kobus Miller het gister in die Windhoekse hoërhof beslis dat Gondwana Namibia Collection se versekeringseis vir sakeonderbreking teen Hollard Namibia nie aan die nodige dringendheid voldoen nie en die saak is dus van die hofrol verwyder.

Miller het ook gelas dat Gondwana die hofkoste moet dra.

Gondwana se uitvoerende hoof, mnr. Gys Joubert het gister aan Republikein gesê hy is teleurgesteld, maar respekteer die uitspraak.

“Dié bevel het geen wesen­like uitwerking op die gronde van die eis nie, slegs op die tydsberekening van die verhoor. Helaas bring dit natuurlik geen verligting vir die swaarkry van ons Gondwana-mense en die risiko vir hul lewensbestaan in die nabye toekoms nie,” het hy gesê.

Mnr. Jaco Lamprecht, uitvoerende hoof van Hollard Namibia, het gister gesê die uitspraak word verwelkom, want dit sal help om die eis spoedig op te los.

“Ons bly daartoe verbind om met Gondwana saam te werk om die oorblywende inligting te bekom wat ons nodig het om die eis te beoordeel volgens die beste versekeringspraktyke. Ons is van mening daar is 'n sterk en wedersydse verbintenis om hierdie saak so spoedig en vertroulik as moontlik op te los,” het Lamprecht gesê.

Gondwana se saak spruit uit sy versekeringseis teen Hollard weens verliese wat die toerismemaatskappy weens die Covid-19-pandemie en die regering se inperkingsmaatreëls gely het.

Miller meen Gondwana se saak is een van semi-dringendheid, “maar die reëls van die hoërhof maak nie voorsiening vir 'n sogenaamde semi-dringende rol nie”.

Die regter sê dit het spoedig geblyk daar was geen manier waarop Hollard oorreed kon word om die eis binnekort te eerbiedig of selfs te erken dat hy aanspreeklik was nie, behalwe om die eis te kwantifiseer.

“Die feit dat skade gely is of nie, maak dit nie 'n saak van dringendheid nie. Hoewel dit gronde vir 'n hofbevel is, maak dit nie die aansoek dringend nie,” het Miller gesê.

“Gondwana het by verskeie geleenthede gedreig om dringende prosedures van stapel te stuur wat tot 24 Julie 2020, 28 Julie 2020 en 10 September 2020 terugdateer,” sê die regter.

“Daar is eenvoudig geen verduideliking waarom die instelling van regstappe tot Desember 2020 vertraag is nie.”

Miller sê dit is duidelik nie die gevolg van die partye wat 'n vreedsame oplossing probeer bereik het nie.

“Dit was eerder 'n geval van een party wat die ander probeer oortuig van die meriete van sy standpunt wat die eis betref, of mekaar beskuldig dat hulle nie hul verpligtinge nakom nie,” het die regter gesê.

“Gondwana het probeer om hier voor in die ry in te druk.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

10 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

10 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

10 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

10 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

10 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

10 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...