Golwe van verandering
Yandi du Plessis - Jy is nie alleen nie.
Dít is die boodskap wat Elvire Theron, pastoor, motiveringspreker en lewensafrigter se nuwe boek, Teen Waves, aan tieners en jong volwassenes wil oordra. Die boek is op ‘n ware verhaal gebaseer.
Elvire skryf in dagboekvorm oor die uitdagings wat sy as tiener te bowe moes kom. Destyds is sy deur depressie geteister wat haar tot vele selfmoordpogings gedryf het en sy het alleen gevoel in haar stryd teen verwerping. Volgens Elvire is dit net deur God se genade dat sy elke poging oorleef het om haar lewe te beëindig.
Met Teen Waves wil sy jongmense die gerusstelling gee dat daar altyd iemand sal wees wat al dieselfde uitdagings beleef en oorkom het.
Die boek is geskryf met die doel om jongmense toe te rus om emosionele uitdagings te bowe te kom. Lesers kry die geleentheid om deur ‘n mikroskoop na hul eie geestelike lewens te kyk deur kritiese vrae aan hulself te stel. Deur die proses van selfondersoek kan hulle areas identifiseer wat aangespreek moet word. Lesers word toegerus met die nodige gereedskap om hulle in die groeiproses te lei.
Theron se agenda is om transformasie en genesing te bring oral waar sy gaan.
“Ek vertrou hierdie boek sal die lewens van baie lesers op ‘n diep en betekenisvolle manier verander.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie