GoFundMe fnuik Israel Folau-veldtog
GoFundMe fnuik Israel Folau-veldtog

GoFundMe fnuik Israel Folau-veldtog

Rugby
'n Geldinsameling wat die omstrede Australiese rugbyster Israel Folau aanlyn begin het om hom te help betaal vir sy regsaksie teen sy voormalige werkgewer, is gister weens kommer oor “diskriminasie” en “uitsluiting” geskrap.

Folau (30) se kontrak met Rugby Australië (RA) is vroeër vanjaar nietig verklaar ná sy uitlatings op sosiale media oor homoseksuele mense en dronkaards.

Hy het hom intussen tot die hof gewend om sy ontslag te betwis en het gehoop om A$3 miljoen (bykans R30 miljoen) in te samel om sy regskoste te help dek.

Rugby365.com berig Superrugby se voorste drieëvraat het net meer as A$700 000 deur skenkers gekry voordat sy veldtog in die wiele gery is.

“Ons is jammer, maar die skakel waarna jy op soek is, kan nie gevind word nie,” lui die boodskap op gofundme.com wanneer jy Folau se naam in die soekenjin tik.

“Vandag sluit ons Israel Folau se veldtog en alle geld sal aan die skenkers terugbetaal word,” sê Nicola Britton, GoFundMe Australië se plaaslike direkteur, in 'n verklaring.

“Ons het die veldtog geëvalueer en bevind dit oortree ons bepalings en waardes. Ons as maatskappy is absoluut daartoe verbind as kampvegters vir gelykheid vir die LGBTIQ-gemeen­skap en om 'n omgewing van inklusiwiteit te kweek.

“Hoewel ons GoFundMe-veldtogte verwelkom wat diverse sosiale diskoers aanmoedig, duld ons nie die bevordering van diskriminasie of eksklusiwiteit nie.”

Folau se fondsinsameling het kritiek ontlok, met die Australiese media wat daarop gewys het hy is een van die bes betaalde spelers in die wêreld en die eienaar van 'n multi-miljoen-dollar eiendomsportefeulje.

Sy kontrak, wat hy in 2018 onderteken het, was volgens berigte sowat A$5 miljoen werd. Hy was een van die Wallabies se bes betaalde spelers sedert hy rugbyliga in 2013 vir rugby verruil het.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!