Goewerneur gaan moratorium op doodstraf plaas

In 2006 laaste teregstelling in Kalifornië

15 March 2019 | Internasionaal
Die goewerneur van Kalifornië, Amerika se grootste deelstaat, gaan ’n moratorium op die doodstraf plaas. Daar is 737 terdoodveroordeeldes in dié deelstaat.

Goewerneur Gavin Newsom het Dinsdagaand geskimp oor ’n belangrike beleidsaankondiging wat hy Woensdag gaan doen.

Nota’s uit sy voorbereide toespraak vir Woensdag lui: “Die doelbewuste doodmaak van ’n ander mens is verkeerd en as goewerneur sal ek nie toelaat dat die doodstraf toegepas word nie.”

Luidens die toespraak gaan hy ook sê: “Ek glo nie ’n opgevoede gemeenskap kan homself as ’n wêreldleier beskou so lank as wat sy regering voortgaan om die voorafbeplande en diskriminerende teregstelling van mense goed te keur nie.”

Newsom sê die doodstraf is ’n “mislukking” en diskrimineer “teen veroordeeldes met geestesiektes, swart of bruin, of wat nie duur regsverteenwoordiging kan bekostig nie”.

Geen gevangene wat die doodstraf opgelê is, sal egter vrygelaat word nie, sê die bron wat die toespraak uitgelek het, maar nie sy naam genoem wil hê nie.

Ellen Kreitzberg, ’n kenner van die doodstraf wat gekant is daarteen, het Newsom se planne verwelkom. “Sy morele leierskap is in ooreenstemming met ander lande en deelstate wat weggedoen het met die doodstraf.”

LEWENSLANGE TRONKSTRAF

Newsom kan nie die doodstrafwet herroep nie, maar hy kan weier om die doodsvonnisse te onderteken en kan dit versag tot lewenslange tronkstraf, sê Kreitzberg.

Die beplande aankondiging is gekritiseer deur die Association of Deputy District Attorneys (ADDA).

“Die kiesers van Kalifornië ondersteun die doodstraf,” het Michele Hanisee, voorsitter van die ADDA, gesê.

Sy het verwys na twee mislukte pogings in 2016 om die doodstraf uit te skakel en na een goedgekeurde poging om die proses te versnel om veroordeeldes tereg te stel.

“Goewerneur Newsom, wat ook in 2006 deel was van ’n mislukte poging om die doodstraf te beëindig, is wederregtelik besig om die wil van kiesers teen te gaan en in die haastige en onoordeelkundige moratorium sy persoonlike voorkeur af te dwing,” het sy gesê.

Daar is in 2006 laas iemand in Kalifornië tereggestel. Die doodstraf word steeds in die staat se howe opgelê. – Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

‘Burger in rou’ bepleit genesing

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - ‘n Optog vind vanaand (Dinsdag) vanaf die Goethe Instituut se kultuursentrum na die Alte Feste-museum plaas waar ‘n gedramatiseerde visuele uitbeelding van...

Windhoek se waterverbruik bly té hoog

9 ure gelede | Omgewing

Windhoekers het die afgelope week 7% méér water gebruik as wat toelaatbaar tydens droogtetye is en kon weereens nie die vereiste teiken van 10% besparings...

Brexit: Uitstel bied uitvoerders blaaskans

18 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Die moontlike negatiewe impak wat ‘n haakplek in die onderhandelinge vir ‘n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje op uitvoerders kon hê, is deur...

Erindi: Chinese het nié aanbod gemaak

18 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Die eienaars van die Erindi Private Wildreservaat het nie ‘n koopaanbod van enige Chinese burgers ontvang nie. Mnr. Sisa Namandje, Erindi se...

Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

18 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Geen laatregistrasie sal ná spertye gedoen word vir deeltydse studente vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (graad 10) of voltydse sowel as deeltydse...

Leeujagters geskiet

18 ure gelede | Omgewing

Ileni Nandjato – Die Namibiese polisie in die Oshanastreek het ‘n saak van poging tot moord geopen ná me. Amalia Sheya (51), ‘n werknemer van...

Weer vir 26 Maart

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide en die Zambezistreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie...

Kriminalisering van aborsie 'werk nie'

18 ure gelede | Regering

Henriette LamprechtDie hoë siekte- en sterftesyfer verwant aan onveilige, onwettige aborsies bewys die kriminalisering van aborsie keer onwettige aborsies nie werklik nie.“Hoewel dit wyd erken...

N$210 miljoen vir registrasiepersoneel

18 ure gelede | Regering

Denver KistingMnr. Theo Mujoro, die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se uitvoerende hoof, sê die N$67 miljoen wat aan hulle toegeken is, is nie voldoende om...