Goeiste! Wat gaan aan met die bitcoin-prys?

15 May 2019 | Ekonomie
Petrus Malherbe – Beleggers en ontleders is oor die naweek onkant betrap met die prys van bitcoin wat skielik die hoogte inskiet.

Die prys van een bitcoin het volgens die plaaslike verhandelingsplatform Luno Vrydagoggend nog teen R93 000 verhandel. Teen Sondagoggend het dit tot meer as R111 000 gestyg – die hoogste vlak sedert Junie 2018.

Internasionaal het die prys ook van $5 600 verlede Maandag tot meer as $7 200 ’n week later gestyg.

In die proses het die totale markkapitalisasie van dié digitale geldeenheid tot byna $130 miljard gestyg, die hoogste vlak tot dusver vanjaar. Daar is meer as 17,6 miljoen bitcoin in sirkulasie.

Die rede vir die naweek se skielike styging in die bitcoinprys is nie ooglopend nie.

Forbes berig wel dat die naweek ’n besonder besige tyd was wat verhandeling in bitcoin betref.

Een persoon het byvoorbeeld 47 000 bitcoin ter waarde van $343 miljoen verkoop.

Hierdie reusetransaksie kon ’n wesenlike invloed op die prys van bitcoin gehad het.

Meer as 100 000 bitcoins is oor die naweek verhandel vir ’n totale waarde van minstens $670 miljoen.

Die naweek se styging in die bitcoinprys is egter nog nie naastenby in ooreenstemming met die massiewe styging van Desember 2017 nie.

In dié berugte maand het die prys van bitcoin in ’n stadium bo $17 000 gaan draai voordat dit ’n maand later skerp tot net meer as $7 800 gedaal het.

Teen Desember 2018 het die prys verder tot $3 300 gedaal waarna dit in die omgewing van $4 000 gestabiliseer het. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

12 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

12 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

12 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

12 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...