Goeie peil bring hoop vir Spele

Swem

14 August 2019 | Sport
Tielman van Lill - Die een-en-twintigjarige swemmers Kiah Borg en Xander Skinner gaan Namibië aanstaande week in elf individuele items by die 12de Afrika-spele in die verre noorde van die vasteland verteenwoordig.

Borg en Skinner moes minstens 600 FINA-punte in elke dissipline aanteken om vir die spele in Casablanca, Marokko, te kwalifiseer. Die duo sal vanaf 21 tot 24 Augustus in die oggendsessies aan die uitdunrondes deelneem waarna die finale in die namiddag aangebied word.

Hopelik sal die twee swemmers by die Stade Mohammed V-sportkompleks behoorlik deur die water klief om hul plekke in die finale te verseker.

Veral Skinner het vroegtydig sy peil gewys toe hy verskeie rekords laat tuimel het.

Skinner het in die hoofstad twee nasionale kortbadrekords verbeter waarvan hy reeds die houer was. In die 50 meter vryslag het hy sy beste tyd vanaf 23.04 sekondes tot 22.59 s verbeter, terwyl sy 100 vryslagtyd vanaf 49.77 tot 49.59 sekondes gesnoei is.

Borg sal aan die 50 vryslag, 50 en 100 borsslag asook die 50 vlinderslag en 200 individuele wisselslag deelneem.

Skinner sal vir die 50, 100 en 200 borsslag, 100 rugslag, 50 en 100 vlinderslag asook die 200 individuele wisselslag in die water duik.

Skinner, 'n produk en voormalige hoofseun van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, studeer deesdae in Amerika. Hy het laasmaand by die FINA wêreldkampioenskap in Gwangju, Suid-Korea, 'n nuwe nasionale Namibiese rekord van 50.45 s in die 100 vryslag behaal.

Borg en Skinner vertrek reeds komende Sondag om in Marokko te gaan akklimatiseer. Hulle sal deur Dentie Louw (afrigter) van Swakopmund vergesel word.

Nog twee nasionale ouderdomsrekords is by die laaste kortbadgala van die Namibiese Swemunie verbeter. Mikah Burger (seuns 13 tot 14 jaar) verbeter die 400 individuele wisselslag van 4 minute 54.30 sekondes tot 4:52:41. Vitoria de Sousa (meisies jonger as agt) speel klaar met die ou 50 vryslagtyd (38.85) en teken 37.75 aan.

• Benewens swem, stuur Namibië ook boksers, boogskutters, baan- en veldatlete, fietsryers (bergfiets en padfiets), skuts asook spanne in karate, skerm, strandvlugbal en stoei na Marokko.

Meer as vyftig mans en vroue is gekies om die land by die kontinentale skouspel te gaan verteenwoordig.

By die span se afskeidsgeleentheid by die ministerie van sport is aangekondig dat die bergfietsryer Michelle Vorster die land se vlagdraer by die openingseremonie sal wees.

In verskeie kodes sal die Afrika-spele as 'n kwalifiserende geleentheid vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio dien.- [email protected]

Soortgelyk

 

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

4 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Geen borg vir ‘renosterstroopsoldate’

4 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die drie weermagsoldate wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n olifant in die Etosha Nasionale Park gestroop het, bly in aanhouding. Mnre....

Weer vir 6 Desember 2019

4 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms sal in die streke van Oshana, Ohangwena, Oshikoto, Kavango-Wes, Kavango-Oos, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke voortduur. Tref asseblief die nodige voorsorgmaatreëls. BINNELAND: Bewolk...

Kalender 6 Desember

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang » Die Swakopmund KIA Makietie beloof om 'n ongelooflike geleentheid te wees. Swakopmund is onlangs as Kwêla se Dorp van die...

Speke sing vir Bryn

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Byna twee jaar nadat hy ’n suksesvolle leweroorplanting gehad het, durf die 51-jarige Adriaan Grobler die moordende Desert Dash uit dankbaarheid vir...

Kombatters voor hof gedaag

4 ure gelede | Howe

Augetto Graig - Op 22 November vanjaar het ’n hof gelas sekere huurkontrakte op Kombat mag gekanselleer word, uitsettingsbevele mag op inwoners beteken word en...

Soogdiergids vir Namibiërs

4 ure gelede | Byvoegsels

Francoise Steynberg - Die Namibiese uitgewershuis Wordweaver spog nou met 'n Duitse uitgawe van sy oulike soogdiergids in sy natuurreeks.Mein estes Buch der Säucetiere Namibias...

Heeltyd speeltyd

4 ure gelede | Byvoegsels

KOLLIGTanja Bause – In Windhoek se Kleine Kuppe-woonbuurt is 'n heerlike speelplek vir kinders.Anta Mandy is sedert 2017 aan die stuur van die Busy Bodies...