Goeie nuus vir sekuriteitswagte
Goeie nuus vir sekuriteitswagte

Goeie nuus vir sekuriteitswagte

Ná dit in die Staatskoerant gepubliseer is, sal die nuwe minimumloon terugwerkend geld van 1 Januarie 2017 af.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het aangekondig sekuriteitswagte in Namibië moet van verlede Vrydag (15 September) af ten minste N$8,75 per uur verdien.

Die nuwe minimumloon in die sekuriteitsbedryf is Vrydag ook in die Staatskoerant gepubliseer.

Hiervolgens is die verhoging terugwerkend geldig vanaf 1 Januarie vanjaar.

Wagte wat teen 1 Julie vir langer as 12 maande by ’n sekuriteitsmaatskappy werk, moet nou ten minste N$10 per uur verdien.

Die minister van arbeid, mnr. Erkki Nghimtina, het die vergoedingsooreenkoms tussen die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN), die Namibiese Vervoerwerkersunie ( Natau), die Namibiese Unie vir Sekuriteitswagte (NASGWU) en die Onafhanklike Sekuriteitsunie van Namibië (Nisu), met dié stap van toepassing op die hele bedryf gemaak.

Volgens die permanente sekretaris van die ministerie, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, is dit nou die verantwoordelikheid van alle sekuriteitsmaatskappye om die nuwe minimumloon in werking te stel.

“Die ministerie is bekommerd oor verskeie klagtes wat ontvang is van sekuriteitswagte oor die onderbetaling en laat betaling van maandelikse lone, asook verlengde werksure sonder oortydbetaling of verlofdae.

“Alle werknemers is geregtig op sekere basiese werksomstandighede en die ministerie verwag van alle werkgewers om vrywilliglik hieraan te voldoen,” sê hy.

Shinguadja sê sekuriteitsmaatskappye wat nie aan die nuwe minimumloonvereistes voldoen nie, sal hul dienste op geen vlak aan die staat kan verskaf nie.

Die nuwe wet hanteer ook die verskaffing van uniforms aan wagte. Maatskappye is geregtig daarop om N$300 van wagte se lone af te trek as deposito vir uniforms wat jaarliks uit twee broeke, twee hemde, en ’n trui waar van toepassing bestaan.

Dasse en rangaanduidings moet elke tweede jaar vervang word, terwyl baadjies elke derde jaar vervang moet word.

Verder sê die Staatskoerant onderhandelinge oor behuisingstoelae, vervoertoelae en pensioenbydraes moet van Maart 2017 af voortgaan, terwyl onderhandelinge vir ’n nuwe minimumloonooreenkoms nie later as 1 Augustus 2018 moet afskop nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!