Goeie nuus vir SA se kripto-entoesiaste
Petrus Malherbe
Suid-Afrikaanse kripto-entoesiaste kan nou meer as 20 verskillende digitale geldeenhede op 'n nuwe verhandelingsplatform aanskaf.
BitFund laat gebruikers toe om op sy sentrale platform 'n gediversifiseerde portefeulje te skep wat uit verskillende kriptogeldeenhede soos bitcoin, ethereum, ripple, litecoin en ander bestaan.
Die bekende Suid-Afrikaanse verhandelingsplatform Luno bied tans net bitcoin en ethereum te koop aan.
“Die meeste potensiële beleggers in kriptogeldeenhede het nie die nodige tegniese kennis of selfvertroue om die minder bekende geldeenhede op internasionale verhandelingsplatforms te koop nie, maar BitFund maak dit moontlik,” sê Joshua Miltz, een van die platform se stigters.
Volgens Miltz hanteer BitFund enige kwessie rakende belasting wat betaalbaar is of valutabeheer namens die gebruiker, “wat koste laag hou en streng sekuriteit handhaaf”.
BitFund hef 'n vaste tarief van 2,4% per jaar om die portefeulje te bestuur en 'n heffing van 1% van enige onttrekking. Die minimum bedrag wat belê kan word, is R1 000.
Daar is tans drie portefeuljes waaruit gebruikers kan kies om beleggings in kriptogeldeenhede so ongekompliseerd moontlik te maak, sê die maatskappy.
“Balances 10”-portefeulje: Jy belê 'n persentasie in elkeen van die toptien- grootste kriptogeldeenhede, gegrond op hul totale markwaarde.
“Equal 10”-portefeulje: Jy belê 10% in elkeen van die toptien- grootste kriptogeldeenhede.
“Capped 20”-portefeulje: Jy belê in die top-20-grootste kriptogeldeenhede volgens hul totale markwaarde tot 'n maksimum van 15% per geldeenheid.
“Beleggers met min of geen ervaring wat belang stel om hul beleggings te diversifiseer, kan nou vir die eerste keer in 'n magdom verskillende kriptogeldeenhede op 'n maklike en veilige manier belê,” sê Jonathon Ferrer, nog 'n medestigter.
Hoewel sommige kenners meen die totale markwaarde van kriptogeld gaan voor die einde van die jaar US$1 000 miljard verbysteek, is nie almal ewe oortuig nie.
Die bekende Amerikaanse belegger Warren Buffett het bitcoin byvoorbeeld in Mei as “rotgif-kwadraat” beskryf.
Will Hobbs, die beleggingshoof van Barclays Smart Investor, het twee weke gelede aan Reuters gesê dat geen kriptogeldeenheid tans voldoen “aan enige van die kriteria waarna ons in 'n belegging soek nie”. Hy sê sy maatskappy is baie versigtig om mense aan te moedig om daarin te belê.
Die prys van bitcoin het einde Junie tot sy laagste vlak in sewe maande gedaal.
Die totale markwaarde van kriptogeld staan tans op sowat US$272 miljard.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie