Goedkoper rooivleis gaan nie noodwendig vraag verhoog

05 February 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Daar steek waarheid in die boodskap aan verbruikers om munt te slaan uit die laer vleispryse deur meer te verbruik, maar daar is ook ’n legio slaggate.

Die negatiewe verband tussen vraag en pryse is bekend. Laer pryse moedig verhoogde verbruik aan, mits die volgende in gedagte gehou word: Eerstens het die verbruiker se inkomste in die meeste gevalle min beweegruimte as dit kom by veranderde besteding – hulle koop nie sommer maklik anders net omdat pryse laer is nie.

Verbruik bly dikwels dieselfde in terme van per capita-verbruik, en die geld wat “loskom” omdat dieselfde hoeveelheid rooivleis minder kos, word gebruik om meer van ander produkte te koop.

In sommige gevalle is dié veranderde kooppatroon ten koste van rooivleis deur meer witvleis te koop.

Verder is daar ’n lang tydverloop tussen dalende plaashekpryse en wat die verbruiker sigbaar aan sy beursie voel. Hulle wag lank, in die meeste gevalle, voordat verbruikerspryse genoeg daal om vraagvoorkeure te verander. Dikwels het verbruikers met verloop van tyd vraagvoorkeure aangepas op grond van veranderde prysverhoudings en ander oorwegings. Meer witvleis as gevolg van beter pryse en groter rekbaarheid van wat gekoop word, tesame met beweerde gesonder vleis, het die struktuur van die vraag verander.

As rooivleispryse genoegsaam daal en volgens die verbruiker laag genoeg gaan bly vir ’n geruime tyd, sal verandering oorweeg word. Hierdie verskynsel dui op die onomkeerbaarheid van die vraag.

Hoe anders verklaar mense volgehoue stygende verbruik van hoendervleis as die jaar-op-jaar styging van individueel bevrore hoenderstukke (die sogenaamde IQF’s) tot Desember 2018 meer as 37% was. In dieselfde tyd het vergelykbare rooivleisprodukte (wat deur dieselfde inkomstegroepe gekoop word) met minder as 10% gestyg.

Inkomstevlakke speel ook ‘n baie belangrike rol by die keuse van watter vleis in die kosmandjie beland.

Beesvleisverbruik korreleer positief met inkomste, maar bo sekere vlakke. Gegoede verbruikers eet meer rooivleis en dit word ondersteun deur ’n onlangse studie deur die BBC om vas te stel watter lande eet die meeste vleis.

Meer gegoede verbruikers kies egter ook teen rooivleis om ander redes, soos dat te veel rooivleis sekere gesondheidsgevare inhou. Daarmee saam luister hulle ook al hoe meer na die waarskuwings oor die koolstofvoetspoor van die verskillende vleistipes, en daar kom rooivleis sterk tweede.

Hoender wen hand oor hand as dit kom by voeromsetting en impak op aardverwarming.

In dieselfde BBC-studie word berig van veranderde vleisverbruikspatrone, soos dat tot ‘n derde Britte opgehou het om vleis te eet of verbruik verminder het, terwyl tweederdes van hul Amerikaanse eweknieë dieselfde aangedui het.

Wat wel ook bekend is, is dat die globale verbruik van vleis geweldig toegeneem het die afgelope 50 jaar.

Vleisproduksie was in 2017 amper vyf keer meer as die 70 miljoen ton in die vroeë sestigerjare, want daar is nou net soveel meer mense.

In hierdie opsig is Afrika sesde in terme van streeksbydrae tot die groei in produksie.

Verbruik is sterk inkomstegekoppel en volgens die jongste syfers beskikbaar (2013) eet Amerika, Australië, Argentinië en Nieu-Seeland die meeste per capita.

Per capita-verbruik in die meeste Westerse land wissel tussen 80 en 90 kg per jaar. Soos verwag kan word, eet mense in arm land baie minder vleis en word dit as ’n luukse beskou.

Hieronder tel Afrikalande soos Ethiopië en Rwanda met onderskeidelik 7 en 8 kg per capita per jaar.

China se per capita-verbruik in die sestigerjare was minder as 5 kg per jaar; dit styg tot meer as 20 kg in die laat tagtigerjare, maar het die afgelope dekade ‘n kwantumsprong gemaak tot meer as 60 kg per jaar.

Met hierdie en ander strukturele veranderings aan die vraagkant, moet ons nie op ons louere rus nie. Daar is ook ‘n legio ander uitdagings wat rooivleis betref.

Die impak van produksie op die omgewing, soos skadelike aardgasse en die verbruik van water, is ‘n groot bekommernis.

So byvoorbeeld het van die vernaamste kitskosgroepe nou saamgespan om produsente van rooivleis anders te laat dink oor die plek van hul produkte. Die huidige gesondheidsuitdagings wat bek-en-klouseer stel, lyk dus klein vergeleke met wat die werklike uitdagings is om rooivleis bekostigbaar binne die verbruiker se mandjie te hou.

Soortgelyk

 

Houtskoolbedryf sien enorme groei

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh op Otjiwarongo - Die Namibiese houtskoolbedryf het 'n "ontploffing in houtskoolproduksie" die afgelope jaar ervaar en 'n groei van 33% in een jaar...

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

2 dae gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

2 dae gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

2 dae gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

2 dae gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

2 dae gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

2 dae gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...