GMO-tamaletjie raak 'n probleem

30 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
BIOTEGNOLOGIE en die genetiese manipulering van organismes is die afgelope dekade toenemend in omstredenheid gedompel.
By die webtuiste ToxicAlert noem Nathan Batalion hierdie ontdekking die magtigste tegnologie sedert kernkrag. In die wandelgangpolitiek oor die onderwerp is selfs die Vatikaan al versoek om hul seën uit te spreek oor die benutting van geneties gemanipuleerde organismes (GMO\'s). Die Europese Unie (EU) het onlangs \'n verbod ingestel op die gebruik van enige nuwe GMO\'s.
Vandag is daar \'n warboel inligting beskikbaar oor biotegnologie en die voordele en nadele daarvan. Dié debat bevat \'n sterk etiese element.
Namibië se langverwagte wetsontwerp oor biotegnologie sal waarskynlik aanstaande jaar aan die parlement voorgelê word. Dit wil, soos elders in die wêreld, nie net die omgewing nie, maar ook inwoners se kultuur en geskiedenis, hul estetiese, ekonomiese en maatskaplike erfenis, asook norme en waardes beskerm.

GMO\'s en GMO-voedsel
Biotegnologie maak dit moontlik om die genetiese struktuur van \'n organisme op \"onnatuurlike\" wyses te verander, byvoorbeeld deur sekere gene van een organisme na \'n ander oor te plant.
Volgens dr. André de Kathen, die ministerie van hoër onderwys, opleiding en werkskepping se adviseur oor biotegnologie, het vooruitgang in die genetika en molekulêre biologie veroorsaak dat die mens die presiesheid en spoed van natuurlike prosesse kon verbeter. Wetenskaplikes kan sodoende \'n GMO-plant skep, waarvan GMO-voedsels geoes kan word.
\'n Deurslaggewende appèlsaak wat terugdateer na die jare sewentig het vir die eerste keer bevind dat iemand \'n patent kan uitneem op biologiese lewe. Hierdie beslissing het die grondslag gelê vir die kommersiële aanwending van biotegnologie, wat veral sedert 1997 \'n opbloei beleef het. Na beraming bevat sowat twee derdes van voedsel op die Amerikaanse mark vandag GMO\'s.
Die veronderstelling was dat beide vervaardigers en verbruikers bevoordeel sou word. Optimale produksie sou pryse laat daal, terwyl daar ook vooruitgang verwag is in rakleeftyd en voedingswaarde.
Die Europese mark het tussen 1991 en 1998 \'n totaal van 18 GMO-produkte goedgekeur. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ervaar verbruikers hier egter steeds nie \'n afname in pryse, \'n verbetering in die smaak van kos of verlengde raklewens nie.
Die EU het die sertifisering van GMO\'s in Oktober 1998 gestaak. Huidig is 12 aansoeke hangend en is daar nege hofgedinge aan die gang in state wat sekere GMO\'s verban het.
Die aanvanklike doel van genetiese manipulering was om oeste te beskerm teen peste en insekte. Sulke GMO-voedsels sluit in mielies, soja, sigorei, skorsies en aartappels.
Ondersoeke na die veiligheid van GMO\'s fokus op moontlike vergiftiging en ander direkte invloede op die mens se gesondheid, allergieë, spesifieke eienskappe van gemanipuleerde plante, die stabiliteit van ingeplante gene en enige ander onvoorsiene gevolge.

Nuwe kankers en moordenaarbome
Dr. George Wald, wenner van die Nobelprys vir mediese wetenskappe in 1967, het voorspel dat GMO\'s nuwe siektes en nuwe soorte kanker sal veroorsaak. Ander drukgroepe glo dat die mutasie van gene reeds gelei het tot sterftes, geboortedefekte, \'n verkorting in lewensverwagting en wanvoeding.
Omgewingskundiges waarsku dat GM-plante die grond kan besoedel en uiteindelik steriel maak. Nog \'n nagmerrievisioen is dié van moordenaarspesies wat ander plante totaal sal uitwis.
Die WHO spekuleer dat mense se onredelike vrese op die vermoede berus dat wetenskaplikes, a la dr. Frankenstein, besig is om nuwe spesies te skep. Hierteenoor is die meeste mense veel meer inskiklik wanneer dit kom by voordelige, mediese toepassings van biotegnologie.
Hierdie argument glo dat die mens in beginsel gekant is teen meganiese beheer oor biologiese prosesse, vernaam nou dat selfs die grense tussen spesies nie meer heilig is nie. Danksy die knip- en plakproses van genetiese ingenieurswese kan eienskappe van \'n vark byvoorbeeld op \'n aartappel oorgeplant word.
Volgens die WHO is daar steeds geen bewyse dat GMO-voedsel mense se gesondheid negatief beïnvloed nie, hoewel hulle onseker is oor langtermyngevolge. Sekere gemanipuleerde gene kan alreeds nie deur toetse opgespoor word nie.
Die onbeheersde vrystelling van GMO\'s kan volgens kritici wilde spesies se genetiese struktuur beïnvloed, biodiversiteit bedreig deurdat dominante spesies ander oorneem, oesdiversiteit en wisselbou laat afneem en boere toenemend afhanklik maak van chemikalieë - byvoorbeeld om superonkruid uit te roei. Daar is ook vrese dat kleinboere heeltemal tot niet sal gaan.
Die chemiese bedryf word gereken as \'n transnasionale mag opsigself. Voordelige insekbevolkings kan in dié proses uitsterf.
Spesiale wetgewing word as noodsaaklik beskou vir beheer oor GMO\'s. Vernaam omdat hulle op hul eie kan voortplant en dus baie meer onvoorspelbaar en ongesiens kan reageer as konvensionele chemikalieë.
Die opspraak oor GMO\'s moet ook gesien word in die lig van die diepliggende, selfs godsdienstige konnotasies wat mense aan voedsel heg.

Die voedselhulp-turksvy
Voedselhulp in geval van hongersnood of ander natuurrampe staan voorop in die biotegnologie-debat.
Radikale neo-kolonialiste glo dat wetenskaplikes kop in een mus is met die geldmag-transnasionale ondernemings wat agter die afgelope dekades se landbouontploffing en die biokolonisering van die ontwikkelende wêreld staan. Hierdie \"illuminati\" word beskou as \'n tentakel van Amerikaanse imperialisme. Die argument lei verder dat die opkoms van intellektuele eiendomsreg (byvoorbeeld patentering) die grondslag vorm vir reuse monopolieë.
Talle Afrika-nasionaliste glo dat die ontwikkelde wêreld hierdie \"eksperiment\" moet weghou van hul vasteland. Zambië en Zimbabwe het byvoorbeeld ernstige besware oor die aanvaarding van voedselhulp wat GMO\'s bevat.
Sekere kritici glo selfs dat die VSA honger uitbuit om hul GMO-klou in Afrika te slaan. Hulporganisasies soos USAID word in hierdie scenario voorgestel as die gewillige smouse van GMO-produkte.
Die Amerikaanse standpunt dat \"bedelaars nie \'n keuse het nie,\" is in hierdie verband skerp aangeval. Sekere bronne beweer dat die VSA ten minste vyftig persent van sy oeste kan sorteer en dat dit dus \'n mite is dat hulle behoeftige lande net te hulp kan snel met die GMO-voedsel wat hul eie inwoners eet.
Ander aktiviste voer aan dat Amerika reeds jare lank GMO-voedsel as hulp aanbied sónder dat hulle ontvangers ooit daarvan ingelig het.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

16 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

16 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

16 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

16 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

16 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

16 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...