GMO-regulasies 1 November van krag
Op 1 September in Staatskoerant gepubliseer
Augetto Graig - Die implementering van die regulasies vir die invoer en gebruik van geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) en produkte sal op 1 November in werking tree.
Mnr. Vincent Nowaseb, registrateur van die bioveiligheidsraad, het bevestig die regulasies vir die regulering van GMO-gewasse en -produkte is op 1 September deur die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, in die Staatskoerant gepubliseer.
Die regulasies, wat deur die Wet op Bioveiligheid, nr. 7 van 2006, vereis word, gee leiding oor die navorsing, ontwikkeling, produksie, bemarking, vervoer, aansoeke vir en enige ander gebruike van GMO-gewasse in die land. Nowaseb het gesê dit het tien jaar geduur om die institusionele raamwerk en kapasiteit wat nodig is vir die uitvoering van die regulasies, op te stel. Dit sluit in die vestiging en finansiering van die veiligheidsekretariaat en -inspektoraat.
Die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) is tans besig met die inrigting van ''n GMO-toetslaboratorium wat opsporing van GMO''s plaaslik sal moontlik maak, sê Nowaseb. Volgens hom het die NCRST onlangs ook ''n ooreenkoms met die Agri-bemarkings en handelsagentskap (AMTA) gesluit om te verseker dat die inspeksie van en toesig oor landbouprodukte op ''n holistiese en sinergistiese wyse geskied.
Die NCRST het die proses met die opstel van die regulasies suksesvol gekoördineer deur middel van ''n konsultasieproses wat verskeie belanghebbendes ingesluit en openbare vergaderings oor twee jaar behels het, sê hy.
Die regulasies is in Februarie 2016 goedgekeur en daarna op 1 September vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer. NCRST het die mandaat om die wet te administreer, maar die regulasies sal deur die bioveiligheidsraad toegepas word.
Die raad se voorsitter, dr. Martha Kandawa-Schulz, is ''n molekulêre bioloog terwyl die adjunkvoorsitter, mnr. Jakobus Etuna Josua, ''n staatsprokureur is. Ander lede is dr. Ronnie Bock, kenner van openbare gesondheid en voedselveiligheid; die veearts, dr. Herbert Schneider; die omgewingskenner, mnr. Teofilus Nghitila; en me. Caroline !Garus Oas, wat vir navorsing, wetenskap en tegnologie verantwoordelik is. Mnr. Simana Chimana, handelskenner, se posisie is vakant nadat hy by Namfisa bedank het.
“Eerstens sal die raad optree as ''n raadgewer vir die minister, en alle aansoeke om GMO-byvoegings tot produkte oorweeg en ''n aanbeveling maak. Die raad is verplig om aansoeke in die lig van bewaring en die volhoubare gebruik van biologiese diversiteit, potensiële risiko''s vir die gesondheid en veiligheid van mense, en skadelike gevolge vir die omgewing sowel as sosiale, kulturele, etiese en ekonomiese oorwegings te ondersoek,” sê Nowaseb.
Hy het dit duidelik gemaak dat die bioveiligheidsraad en die NCRST nie noodwendig teen GMO-gebruik gekant is nie, maar die voordele en nadele ten opsigte van elke spesifieke gebruik neutraal sal oorweeg.
Internasionale standaarde sal die goedkeuring of afkeuring van die gebruik van GMO-produkte bepaal om seker te maak besluite word in die belang van Namibiërs geneem, sê hy.
Die minister het kragtens die wet die gesag om ''n lys van GMO-produkte wat gebruik kan word, op te stel met vereistes waaraan voldoen moet word vóór toestemming daarvoor gegee word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie