Glencore, Vitol mik nou eerder na Zambië
Van die maatskappye wat nie ’n transaksie kon beklink om die oliereus Chevron se Suid-Afrikaanse bedrywighede oor te neem nie, mik nou vir Zambië se enigste olieraffinadery.
Glencore en Vitol is onder die sewe maatskappye wat ’n bod ingesit het vir die Indeni-raffinadery van 20 000 vate per dag, het die Zambiese ontwikkelingsagentskap bekend gemaak.
Glencore en Vitol het voorheen ’n bod geplaas om Chevron se Caltex-raffinadery van 110 000 vate per dag in Milnerton, Kaapstad, oor te neem.
Maar die Chinese staatsbrandstofgroep Sinopec het ’n ooreenkoms met Chevron gesluit vir die oorname van ’n 75%-belang in sy Suid-Afrikaanse belange. Benewens die raffinadery sluit dit Chevron se netwerk van meer as 800 Caltex-vulstasies in.
Zambië het reeds die bodproses vir die raffinadery daar twee keer verleng.
Verlede jaar het die destydse minister van energie, David Mabumba, gesê die raffinadery het sowat US$800 miljoen se opknappingswerk nodig.
Bieërs vir die belang in die Zambiese raffinadery kan binne die volgende paar weke hoor of hul bod suksesvol was, het Moses Simbeye, senior ontleder by die Zambiese nywerheidsontwikkelingskorporasie, gesê.
Die raffinadery is in Ndola in die Zambiese kopergordel naby die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Dit is in 1973 gebou en is volgens ’n berig van Dow Jones Newswires aanvanklik deur die Franse oliereus Total bedryf.
Die Zambiese regering het in 2009 Total se 50%-belang uitgekoop. Hy het al in 2013 ’n uitnodiging gerig om ’n 49%-belang te verkoop.
Zambië voer byna al sy ruolie van die Midde-Ooste in en wil sy koste verlaag deur ruolie van die buurland Angola te koop, maar dit gaan opknappingswerk aan die raffinadery verg, het Dow Jones Newswires in 2013 berig.
Die Indeni-raffinadery kry sy ruolie deur ’n pypleiding vanaf die Tanzaniese hawestad Dar es Salaam. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie