Glencore koop dalk Optimum terug
Glencore koop dalk Optimum terug

Glencore koop dalk Optimum terug

Glencore, wat voorheen die ­Optimum-steenkoolmyn besit het, oorweeg dit glo om dié myn terug te koop.

Hy het die myn in 2015 vir R2,5 miljard aan die Guptas se Tegeta Exploration and Resources-maatskappy verkoop.

Bloomberg berig twee ingeligtes sê die myn se vorige eienaar oorweeg dit om die myn terug te koop.

Die myn lewer steenkool aan Eskom.

Glencore het die myn in 2015 in sakeredding geplaas nadat Eskom geweier het om weer oor 'n kontrak te onderhandel.

Die kragvoorsiener het die myn ook 'n enorme boete opgelê.

Mosebenzi Zwane, toe die ­minister van minerale bronne, het gehelp dat die Guptas en Jacob Zuma se seun Duduzane die myn koop.



ONTKENNING

Die Guptas, Zuma en Zwane ontken almal dat hulle enigiets verkeerds gedoen het met verwysing na die transaksie.

Een van die bronne, wat anoniem wil bly, sê die staat het reeds aangedui hy sal nie enige teenkanting hê sou Glencore besluit om die myn terug te koop nie. Die myn is weer in sake­redding en sukkel soos baie van die ander maatskappye in Gupta-besit om sake te doen nadat banke geweier het dat hulle rekeninge by die banke oopmaak.

'n Woordvoerder van Glencore wou nie kommentaar lewer nie.

Kurt Knoop, een van die sakeredders wat aangestel is om die Gupta-maatskappye wat in sake­redding is te bestuur, asook die departement van minerale bronne, het nie op 'n versoek om kommentaar gereageer nie.

Exxaro Resources en Seriti ­Resources het albei gesê hulle sou ook belang stel om van die Guptas se ­steenkoolbates te koop. Louis Klopper, die ander sakereddingspraktisyn, het vroeër in Maart op 'n vergadering met krediteure gesê Optimum het kennis ontvang dat daar kopers is wat belang stel om van die bates te koop. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!