Glasbottels van hoop
Glasbottels van hoop

Glasbottels van hoop

Tanja Bause
Verskeie arm gemeen­skappe en projekte in Windhoekse informele nedersettings het onlangs Jars of Hope ontvang om die mees kwesbare mense te help.

Retirement Fund Solutions (RFS) het 100 van dié glasbottels uitgedeel as 'n maaltyd wat elk vier mense kan voed. Jars of Hope het in 2018 in Suid-Afrika begin. Dis 'n glasbottel wat met droë graan en peulgewasse gevul is en kan bone, lensies, ertjies en rys insluit. 'n Bietjie soppoeier vir geur word ook bygevoeg. Die inhoud van die glasbottel kan in kookwater gegooi word om 'n voedsame en vullende sop of bredie voor te berei.

Deelnemers van RFS het die Jars of Hope aan die gemeenskappe in die Freedom Land- informele nedersetting en aan die gemeenskapsprojekte, Orlindie Children's Home, Future Hope, Hospice of Hope en S.P.E.S. geskenk. S.P.E.S. ondersteun sowat 1 700 skoolgaande kinders.

RFS gee sy begroting vir maatskaplike verantwoordelikheid aan sy personeellede wat dit dan aan projekte skenk wat hulle ondersteun. In die verlede het ouetehuise, skole, skole­sport en verskeie welsynsprojekte gebaat.


FOTO
Me. Aliza Prinsloo verduidelik aan me. Rukia Kassa stigter van Hospice of Hope hoe om die Jars of Hope voor te berei. Foto RFS

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!