Glansfigure veg, plaas só geslagsgeweld in die kollig

11 October 2019 | Sport
Andrew Poolman - Kritiseer die hele konsep gerus – dit is presies wat ons wil hê. Die land moet meer praat oor geslagsgeweld en die maniere hoe om dit te bekamp.

Dit was gister die woorde van mnr. Tim Ekandjo, die skakelhoof van MTC Namibia wat die hoofborg is van môreaand se Boxing for Change skouspel by die Windhoek Buiteklub, waar 14 Namibiese glanspersoonlikhede in vertoongevegte sal optree.

Gister het nog drie korporatiewe maatskappye na vore getree om individuele boksers as “handelsmerk-ambassadeur” aan te neem.

“Ware mans staan vir wat reg is. Hulle het integriteit en hulle aanvaar verantwoordelikheid,” met die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) se hoof van korporatiewe sake, me. Surihe Gaomas-Guchu gesê by die aankondiging dat hulle vir Mufaro Nesongano ('n radiopersoonlikheid en bestuurder by Namibia Wildlife Resorts) as ambassadeur aanneem.

“Net soos geslagsgeweld, kan padongelukke ook as 'n vorm van potensieel dodelike geweld beskou word. In gemiddeld 70 persent van ongelukke in die land is mans die bestuurders en in vele getalle word die lewens van vroue en kinders verloor.

“Om hierdie rede doen ons 'n beroep op Namibië se ware mans om hulle ook op die paaie te gedra en verantwoordelikheid te aanvaar vir diegene vir wie hulle veronderstel is om te beskerm.”

Met twee dae oor voor die gevegsaand, was daar teen gister 12 uit die 16 vegters vir die aand wat reeds deur 'n korporatiewe entiteit aangeneem is.

Namibia Wildlife Resorts (NWR) het sy verbintenis met Paul da Prince, musikant en radio- en TV-persoonlikheid, aangekondig, terwyl MTC hom by Theo Ishuna (MTC uitvoerende beampte vir sleutelrekeninge en NBC nuusaanbieder) geskaar het.

Ishuna het gesê die vertoongevegte wys dat sommige mans nie net praat oor hoe vroue en hul veiligheid belangrik is nie, maar inderdaad hul lywe op die spel plaas om die standpunt in te neem. “Ek het ses kilogram verloor in die drie maande wat ek vir die boksgeveg voorberei. Ek voel dis een van die beste dinge wat ek ooit gedoen het.”

Paul da Prince sê: “Die naweek gaan groot pret wees. Dit is 'n merkwaardige geleentheid en ons was bevoorreg om saam met professionele boksers te oefen en 'n waardering te kry vir die dissipline waarmee hulle leef en oefen. Ons is eintlik almal saam in dieselfde stryd.”

Die lys van gevegte vir die MTC Knock-out projek:

Junior middelgewig: KP Illest (rapper en wenner van 'n NAMA-toekenning) vs Paul da Prince (TV- en radiopersoonlikheid, R&B-sanger)

Junior swaargewig: D-Naff (gospelsanger en wenner van NAMA-toekenning) vs Amos Kambonde (GIPF bemarking en kommunikasie).

Swaargewig: Theo Ishuna (MTC uitvoerende beampte vir sleutelrekeninge en NBC nuusaanbieder) vs Jossy Joss (bemarkingsbestuurder: Energy 100FM).

Supermiddelgewig: DJ Cheeze (Fresh FM DJ) vs Sunny Boy (rapper).

Junior middelgewig: Johnny Johnson Doëseb (sakeman) vs Job Amupanda (politieke aktivis).

Junior middelgewig: Mappz Kapofi (rapper, radio-aanbieder) vs Mufaro Nesongano (NWR kommunikasiebestuurder).

Swaargewig: Michael Vermeulen (besturende direkteur van Mikel Jes) vs Tate Buti (musikant).

Dokkies Schmidt (gewese Brave Warrior) vs Paulus Shipanga (gewese Brave Warrior en nou Black Africa se afrigter).

Sem Shivute (Bank of Namibia, motiveringspreker) vs Max T (radiopersoonlikheid).

Die gevegte (vanaf 19:30 tot 21:00) sal regstreeks op NBC-televisie vertoon word en alle opbrengte word vir welsynsprojekte geskenk.

Toegangskaartjies is te koop by webtickets teen N$250 per persoon of N$10 000 per tafel.

Besighede wat hul handelsmerk op 'n bokser se broek wil adverteer, kan N$50 000 hiervoor opdok. Borge wat reeds só toegetree het, sluit in Namdia, Nasria, Metropolitan, Standard Bank, Bank of Namibia, Erongo­Marine Enterprise, NHE, die Maatskaplike Voorsorgfonds, MTC, die MVAF en NWR.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

13 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

1 dag gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

1 dag gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

1 dag gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

1 dag gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

1 dag gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...