Gits oor arbeidsproduktiwiteit vrygestel

Help boere om doeltreffendheid te meet

12 February 2019 | Landbou
Die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) het ‘n gebruikersgids vir plaaseienaars saamgestel oor die arbeidsproduktiwiteit op plase in Namibië.

Die Namibië Landbou-unie (NLU) sê in sy weeklikse nuusbrief sy produksiekoste-indeks toon landbou-arbeid die grootstekoste faktor op plase en beloop gemiddeld 22% van die totale boerderyuitgawes.

Aangesien koste ’n sleutelfaktor in die winsgewendheid van boerdery is, het arbeidsproduktiwiteit op plase ’n duidelike invloed op die sukses van boerdery-aktiwiteite en die winsgewendheid van die plaas.

Die definisie van arbeidsproduktiwiteit waarop die gids geskoei is, toon dit handel nie oor hoe hard daar gewerk word of hoeveel ure daar ingesit word nie, maar hoe doeltreffend daar gewerk word.

Die gids wys verder daarop dat arbeidsproduktiwiteit interafhanklik is van verskeie arbeidspraktyke waaronder opleiding, arbeidsverhoudinge, kommunikasie, vergoeding, gesondheid en veiligheid asook die aanwending van tegnologie.

Daar word algemeen aanvaar dat ’n boer moet meet om te weet en beter te bestuur. Derhalwe is daar ook ’n gedeelte oor produktiwiteitsmeting in die gids wat wissel van eenvoudige tot gesofistikeerde metodes.

’n Gesofistikeerde metode is byvoorbeeld om produktiwiteit te meet in die kilogram lewende gewig van skape of beeste wat per uur geproduseer word – waar die boer die totale lewende gewig geproduseer per jaar deel deur die totale jaarlikse werksure van sy arbeiders.

Volgens ’n studie deur die Vrystaat Universiteit is Suider-Afrika baie onproduktief in dié verband met ‘n gemiddeld van 2-5 kg lewende gewig per uur, teenoor Australië waar arbeidsproduktiwiteit byvoorbeeld 80 kg lewende gewig per uur is.

Hierdie eenvoudige gebruikersgids is beskikbaar in Afrikaans en Engels en kan op die LWV se webblad gevind en afgelaai word by www.agrinamibia.com.na – labour AEA.

Soortgelyk

 

Regional council must account for vandalised buildings

12 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Hoogste vonnis vir 'seksuele roofdier'

12 ure gelede | Howe

Otis Finck – Die 68-jarige Dragan Vujicin moet 35 jaar agter tralies deurbring ná hy op vyf klagte van verkragting en vier van kinderhandel skuldig...

Die hoop beskaam nie

12 ure gelede | In beeld

Volgens 'n Suid-Afrikaanse weervoorspeller lyk dit of droër toestande in die laaste deel van Februarie, asook die eerste week in Maart vir Namibië voorlê. Maar,...

Gewasverbouing vertraag, onder druk

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Swak reënneerslae met die aanvang van die huidige reënseisoen het landswyd tot vertragings in gewasverbouing gelei. Terselfdertyd plaas ‘n tekort aan kunsmis...

Weer vir 18 Februarie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde en verspreide donderbuie in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle.GETYE BY...

Leiers vereer Kooitjie

12 ure gelede |

Leandrea Louw - Die ontslape Topnaar-hoofman mnr. Seth Madawab Kooitjie is Saterdagmiddag op Soutrivier, sowat 125 km van Walvisbaai af begrawe. Kooitjie is op...

Nujoma: Rumpf was ’n beginselvaste man

12 ure gelede | Mense

Die voormalige ambassadeur in Duitsland en Swapo-aktivis, mnr. Hanno Rumpf, was ‘n beginselvaste man, het die stigterspresident Sam Nujoma gesê.Rumpf is op 8 Februarie oorlede...

Mosambiekse laedrukstelsel ontwrig reënvalpatrone

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – ‘n Sterk tropiese laagdrukstelsel, wat na verwagting van die naweek oor Mosambiek en die aangrensende Indiese Oseaan kan ontwikkel, sal waarskynlik reënvalpatrone...

Erfwet hersien

12 ure gelede | Ministeries

Jana-Mari Smith – Die ministerie van justisie het ingestem om veranderinge aan die wysigingswet op die administrasie van boedels aan te bring, wat tans in...