Gimnaste sien uit na toer
'n Namibiese span van 32 ritmiese gimnaste vertrek dié week om tot komende Vrydag aan die
Suid-Afrikaanse Gym Games in Johannesburg deel te neem. Gimnaste ding elke jaar in dié prestige byeenkoms mee op verskeie vlakke van vordering en in ouderdomsgroepe vanaf 8 tot 16 jaar beslis word. Op die foto is die gimnastegroep van Windhoek wat vandag vertrek, voordat die kus se gimnaste môre die reis aanpak. Die gimnaste word vergesel deur Wietsa Snyman, Roumi Kostin, Meagan Bierbach en die afrigters Zlatka Todorova en Michelle Bierbach. Die organiseerders bedank alle borge en ouers wat die geleentheid moontlik maak. • Republikein stel ook graag die feite reg nadat in 'n onlangse berig in die Sport Wrap-byvoegsel vermeld is dat me. Valereis Geldenhuys-Venter die president van die Namibiese Gimnastiekfederasie is. Die huidige president is inderdaad me. Petra Thorburn, terwyl me. Geldenhuys-Venter as een van die jarelange voorgangers tans die titel van NGF-erepresident dra. Die koerant vra verskoning vir enige ongerief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie