Gimnaste hou hul doel voor oë

18 August 2005 | Sport
EXCELSIOR Gimnastiekklub het die naweek die tweede kwalifiserende kampioenskap voor die Namibiese Gimnastiekfederasie se nasionale kampioenskap gehou.
Telecom Namibia was die hoofborg van die kompetisie waaraan altesame 17 seuns en 49 meisies van elke artistiese klub in die land deelgeneem het, vanaf Vlak Drie tot Tien asook senior nasionale vlak.
Die kompetisie was goed georganiseer en goeie vertonings deur die senior meisies het die toeskouers vasgenael gehou.
Lorraine Moore het goed vertoon in haar eerste kompetisie in meer as \'n jaar en het die senior meisieskompetisie gewen. Kimberly-Ann van Zyl het verras deur Ramona Beukes met 0.01 op hul gemiddelde tellings te klop.
Dié drie meisies, tesame met Marion Schurz, vertrek aan die einde van die maand na Suid-Afrika vir \'n oefenkamp voordat hulle in \'n kompetisie in Pretoria gaan poog om vir volgende jaar se Statebondspele in Melbourne te kwalifiseer.
\'n Voorlopige seunspan van tien vir die Sone Ses-kampioenskap in Desember op Walvisbaai is ook aangekondig. Die groep is:
Pre-Juniors: Morihei Anderson (Walvisbaai), Robert Erasmus (Tsumeb), Muller van As en Christopher Rix (beide Excelsior).
Juniors: JR Franks, Cody la Cock, Alexander Mudge en Gert van der Merwe (almal Excelsior) en Martin van der Merwe (Tsumeb).
Mnr. Ferdinand Tjombe het namens Telecom Namibia \'n tjek vir N$46 000 aan mnr. Thys van der Merwe, voorsitter van Excelsior, oorhandig as \'n borgskap wat ook die nasionale kampioenskap later vanjaar insluit.

Soortgelyk

 

N$25 miljoen vir stropers

18 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die boete vir die onwettige jag van olifante en renosters gaan van die huidige N$200 000 tot N$25 miljoen verhoog word en...

Meatco-raad nié genomineer

18 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Geeneen van die lede op die nuutverkose Meatco-raad is deur die maatskappy se lede genomineer nie. Nominasies in ’n vergadering in Augustus...

Swapo se politburo stil oor Swartbooi

18 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die vergadering van Swapo se polit­buro Maandag het nie, soos verwag, beraadslag oor mnr. Bernadus Swartbooi se toekoms in die party nie....

Vermeende roofbende kry nie borgtog

18 ure gelede | Misdaad

Die ses mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n vrou van N$600 000 beroof het, is Maandag in die Katutura-landdroshof borgtog geweier. Die vermeende...

Weer vir 22 Februarie 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die suidwelstelike helfte en verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees...

Muller agter tralies ná gespoeg in hof

18 ure gelede | Misdaad

Otis Finck op Walvisbaai - Landdros Rivermo Williams het gister vir Venancio Muller (36) tot drie maande tronkstraf gevonnis - sónder die opsie van 'n...

Ses maande, twee fietse, een kontinent

18 ure gelede | Toerisme

Tanja Bause - Twee jong Duitse ingenieurs, Sandra Greule (24) en Peter Lindner (23), het einde September verlede jaar uit Stuttgart in Duitsland na Nairobi...

Dokters mág dispenseer

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Daar het nog nooit 'n regsgrond bestaan vir enige mediese fonds om die uitbetaling van 'n eis te weier omdat dit uit...

Môreson kyk deur ’n nuwe bril

18 ure gelede | Plaaslik

Die Craton Stigting, Tobich Optics en die Lions Club het aan die leerlinge van Môreson Skool in die hoofstad leesbrille ter waarde van sowat N$20...