• Tuisblad
  • Sake
  • Gigaba ondersteun siviele saak oor staatskaping
Gigaba ondersteun siviele saak oor staatskaping
Gigaba ondersteun siviele saak oor staatskaping

Gigaba ondersteun siviele saak oor staatskaping

Die Gupta-familie se gekonkel en korrupsie by Eskom sal nou deur die hof in Suid-Afrika onder oë gekry word.
Die Suid-Afrikaanse tesourie en die minister van finansies, Malusi Gigaba, het ondersteunende dokumente ingedien in die siviele hofsaak wat staatskaping gaan takel.

Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van batebestuurder Sygnia, het Sondag so getwiet.

Sy het saam met die Helen Suzman-stigting op 14 Desember in die hooggeregshof in Pretoria ’n hofaansoek ingedien.

Die hofaansoek kom nadat die polisie en die nasionale vervolgingsgesag teen middel Desember nog niks gedoen het om te reageer op die inligting tot hul beskikking oor beweerde staatskaping nie.

Die hofaansoek verskaf inligting oor hoe korrupsie by Eskom plaasgevind het en hoe die Gupta-familie die aanstellings in belangrike poste in die regering en by Eskom probeer beïnvloed het.

Die doel is om die geld wat op onregmatige wyse deur entiteite bekom is in staatskaping vir die fiskus terug te kry.

Wierzycka het Sondag gesê benewens die geld wat hulle wil terugkry, moet die besluite wat op korrupte wyse geneem is soos die aanstelling van Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, ook omgekeer word.

Daar is 75 respondente in die hofaansoek ingesluit waaronder pres. Jacob Zuma, Gigaba en die tesourie.

Wierzycka is vandeesweek deur haar prokureurs ingelig die tesourie en die minister gaan die hofaansoek ondersteun.

“Hulle gaan saamwerk en die nodige dokumente aan ons beskikbaar stel,” het sy gesê.

Sy meen dit is van wesenlike belang dat die staat aangedui het hy sal bystand verleen waar hy kan.

Sy het gesê strafsake neem baie jare, veral witboordjiemisdade.

“Die staat het beperkte hulpbronne, veral vir ’n saak waarby witboordjiemisdaad betrokke is,” het sy gesê.

Die bewyslas in ’n strafsaak is groter as in ’n siviele saak.

Sy het gesê om bates te bevries van die entiteite en persone wat betrokke is, is nuttig, maar om op die bates beslag te lê is ’n ander proses.

Wierzycka het gesê hulle het die siviele saak aanhangig gemaak om die kwessie vinniger te takel.

Die hofsaak sal waarskynlik ’n volbank regters (drie regters) vereis en sy hoop dit gaan voor die einde van die jaar afgehandel word.

’n Hofdatum gaan binnekort gekry word.

“Dit is ’n groot saak en gaan ’n presedent skep vir toekomstige sake,” het sy gesê.

“Dit is een van die meer doeltreffende sake ten opsigte daarvan om bates terug te kry.”

Volgens haar het die Gupta-familie baie meer verdien uit sogenaamde staatskaping as wat tans berig word. Sy het gesê dokumente wat bygevoeg gaan word by hul hofaansoek gaan nuwe syfers verskaf.

Die Gupta-familie het al talle male voorheen ontken hulle is by enige onreëlmatighede betrokke. – Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.59/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.04% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.43/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 938.36/OZ DOWN -0.0017 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.59/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.04% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.43/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 938.36/OZ DOWN -0.0017