Ghana is Afrika se modeleier
'n Besoek aan die Ghanese kleremarkte en boetieks met hul vrolike, kleurvolle ontwerpe is 'n belewenis.
Francoise Steynberg in Accra, Ghana - Oral in Ghana is vroue en mans aangetrek asof hulle reg uit 'n modetydskrif stap.
Die kleure van hul uitrustings is vrolik, helder, eg Afrikaans en jy kan hulle altyd deur 'n ring trek.
Ghana is beslis Afrika se modeleier.
Een ding wat op jou emmerskoplys moet wees as jy Ghana besoek, is om die kleremarkte te besoek en 'n stuk materiaal te koop.
Nóg beter is om vir jou 'n eg Ghanese kledingstuk te koop, of selfs te laat ontwerp.
Die tradisionele kleurryke Wes-Afrikaanse materiale het hul oorsprong in Bonwire, 'n nedersetting in Ghana se Ashantistreek.
Die bekendste Afrikatekstiel is Kente – geweefde materiaal wat net deur hoofmanne en konings gedra is.
Tans word dit steeds net by spesiale geleenthede of feeste gedra.
In die 20ste eeu het die modebedryf drasties verander en baie ou dinge soos toe almal in Ghana net Kente vervaardig het, is met nuwe, vars modeneigings vervang.
Die jonger geslag modeontwerpers het nuwe lewe in die modebedryf geblaas deur verskillende produkte van Kente - wat net deur die rykes gekoop kon word - met goedkoper materiale te meng.
MODEONTPLOFFING
Modeslawe het begin soek na modeontwerpers wat ontwerpe van hul persoonlike keuse teen 'n bekostigbare prys kon bied.
Sommige modeontwerpers was genoop om ander soort Afrikamateriale te vind, wat 'n uitdaging was. Dit het gelei tot 'n modeontploffing met unieke ontwerpe van Afrikamateriale. Hierdie ontwerpe is gebruik om pragtige Afrika-uitrustings te maak en sommige modeontwerpers in Ghana het supersterstatus verwerf.
Een so 'n eg Ghanese modehandelsmerk is Woodin, wat deur Afrika se kultuur en kuns geïnspireer is.
“As 'n handelsmerk fokus ons op alles wat Afrika verenig,” is Woodin se leuse met hul hoofkantoor in Tema, suidoos van Accra.
Woodin is die eerste handelsmerk met 'n hedendaagse en eg Afrikaanse modereeks.
In die 30 jaar sedert Woodin se bestaan het hulle baanbrekers van die Afrika-modewêreld geword.
Ondanks hul lang geskiedenis bly Woodin se ontwerpe en materiale modern. Elke paar weke maak nuwe ontwerpe volgens die jongste modeneigings hul verskyning in Woodin se winkels oral in Ghana en in agt Afrikalande.
Air Namibia bied nou direkte vlugte na Wes-Afrika en vlieg Maandae, Woensdae, Vrydae en Sondae vanaf Windhoek via Lagos in Nigerië na Accra en op dieselfde dae terug.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie