Gewone Zimbabwiu00ebrs krepeer
Gewone Zimbabwiu00ebrs krepeer

Gewone Zimbabwiërs krepeer

’n Joernalis meen die buurland is midde-in “’n subtiele noodtoestand”.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die hernieude politieke en ekonomiese ellende in Zimbabwe laat die deursneeburger opnuut aan die agterspeen suig.

’n Zimbabwiese vrou, wat in Windhoek as masseur werk, sê dit is verskriklik hoe haar geliefdes in die buurland ly.

Die meeste van haar familie, insluitend haar minderjarige dogter, woon steeds in die buurland.

Dié vrou het Namibië toe getrek juis om vir haar kind te sorg.

“Dit is nie maklik om ver van my familie te wees nie, veral van my dogter, en om haar een of twee keer per jaar te sien nie. Die pynlike gedeelte is dat ek nie my kind ken nie.”

Sy het die afgelope Kersfees met haar tienerdogter deurgebring, maar het intussen weens werk teruggekeer Windhoek toe. Die kind woon saam met haar oom en tannie in Harare.

Sy sê voorts: “Die gewone Zimbabwiër is kwaad en gefrustreerd met die situasie. Hy kan nie sy gesin voed nie.”

Sy sê haar gemiddelde landgenoot is vuisvoos.

“Baie leef op minder as N$20 per dag, wat pynlik is.”

Ondanks dié swaarkry is daar ander burgers wat hul landgenote se lyding uitbuit, sê sy. “Sommige word ryker, omdat hulle die armes melk en voordeel uit die situasie trek.”

Dié vrou sê haar vaderland het in ’n militêre staat ontaard.

“Die weermag en die polisie is daar om hul land en sy mense te beskerm, maar op die oomblik beskerm hulle net sommige mense en nie gewone Zimbabwiërs nie. As hulle ons skiet om ons dood te maak en ons slaan en seermaak, tot wie kan ons ons wend?”

’n Zimbabwiese radiojoernalis het by navraag nie doekies omgedraai oor die omstandighede waaronder hulle gebuk gaan nie.

“Dis moeilik. Ons is in ’n subtiele noodtoestand.”

Volgens hom maak die regerende party, Zanu-PF, deurlopend jag op menseregteaktiviste en die opposisie.

Hoewel internetdienste onlangs afgeskakel is, is ’n hofbevel Maandag daarteen bekom.

In daardie verband het die joernalis laat verlede week laat weet: “Die internet word aan- en afgeskakel en ons het slegs via VPN toegang tot sosiale media.”

’n Ander joernalis, verbonde aan die staatsbeheerde The Herald, het gister gesê onderbroke geweld is steeds aan die orde van die dag.

Volgens haar doen hardnekkige beweringe ook die ronde dat beseerdes van geweld in die nánag deur die weermag en die polisie uit hospitale ontvoer word.

Hulle word na bewering by ’n onbekende plek deur die owerhede aangehou.

“Dit is nie duidelik of hulle voor die hof gedaag sal word nie, en of hulle selfs nog hul medikasie ontvang nie.”

Maar, sê sy, die hoop beskaam nie.

“(Dinge) normaliseer stadig.

“Onder meer het sommige leerlinge intussen teruggekeer skool toe,” sê sy.

“Inwoners is egter steeds angstig oor wat aangaan.”

Pres. Emmerson Mnangagwa het verlede week talle Zimbabwiërs die harnas ingejaag toe hy te midde van die jongste onluste in sy land in Rusland gaan kuier het.

Dr. Alfredo Hengari, pres. Hage Geingob se woordvoerder, het navrae na sy kollega by die sekretariaat van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), me. Barbari Lopi, verwys.

Geingob is tans die voorsitter van SADC.

Republikein het twee e-posse aan Lopi gestuur en haar twee keer onsuskesvol via WhatsApp probeer bereik.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%